ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Die agtjarige Tristan Leeb in aksie tydens die afgelope naweek se Polokwane Junior Ope. Foto: Johan J van Vuuren Photography.

Agtjarige Tristan verdedig Junior Ope-titel suksesvol

Date: 25 October 2024 By: Andries van Zyl

'n Kranige jong gholfspeler van Louis Trichardt, die agtjarige Tristan Leeb, het die afgelope naweek sy titel suksesvol verdedig deur die Polokwane Junior o.10 Ope-toernooi te wen. Hy het in Maart 2023 opslae gemaak toe hy op die ouderdom van ses jaar die toernooi die eerste keer gewen het.

Vanjaar se toernooi oor 18 putjies, wat op 19 en 20 Oktober in Polokwane beslis is, is veel later dié jaar aangebied, aangesien die organiseerders gesukkel het om ‘n datum te bepaal weens skoolfunksies wat deurlopend met die datum gebots het.

Tristan het weer in die o.10-groep afgeslaan en geëindig met ‘n wentelling van 81 houe oor die twee dae, ‘n 18-houe voorsprong oor sy naaste kompetisie, Sion Vogel met 99 houe. Tristan het 42 houe op dag een se eerste nege gespeel en 39 houe op dag twee se tweede nege.

Die jong Tristan maak beslis pa Anrich (ook ‘n kranige gholfspeler by die Soutpansberg Gholfklub) en ma Geraldine trots. “Hy maak ons baie trots en pak alles aan met volle entoesiasme. Sy droom is om ‘n professionele gholfspeler te word,” het Geraldine gesê.

Volgens Anrich neem hulle Tristan gereeld om onder die vaandel van SA Kidz Golf in die o.8-afdeling aan toernooie in Gauteng deel te neem om hom groter blootstelling aan die sport te gee teen strawwer kompetisie. Die afgelope jaar het hy ook aan toernooie by die Houghton, Irene en Kyalami gholfklubs deelgeneem, waar Tristan onderskeidelik weggestap het met ‘n gesamentlike derde plek, nog ‘n derde plek en ‘n tweede plek. Alhoewel hy nog nie met ‘n wen in die “voorwêreld” kan spog nie, is dit sekerlik net ‘n kwessie van tyd voordat hierdie jong gholfspelertjie ook daar gaan wen.

Tans is die jong Tristan ‘n Graad 2-leerling by Laerskool Louis Trichardt.

 

 
 
 

Viewed: 393

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Somer is vir tuinbou, so kom leer meer saam met Athri Wilson

Of jy ’n groot tuin het of selfs net ’n paar potplante vertroetel, almal weet van die menigte voordele wat tuinmaak jou bied. Nie net ontlaai jy van stres nie, maar gesoute tuiniers glo vas dat tuinmaak jou langer laat lewe. Die bekende aktrise, Audrey Hepburn, het gesê: ”Om tuin te maak is om in môre te glo”.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT