ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Die 48-jarige Reta Pieterse. Foto verskaf.

Hulp gevra om Reta te help met duur kankerbehandeling

Date: 24 October 2024 By: Pétria de Vaal

“ ’n Mens moet net nie gaan lê nie,” sê die moedige Reta Pieterse. Lesers sal haar ken as prinsipaal by Realty 1 eiendomsagente.

Alles het vir Reta verander toe sy in 2017 met melanoomkanker gediagnoseer is.  Sy het nie ‘n mediese fonds gehad nie en het ‘n paar sessies chemoterapie by ‘n staatshospitaal ontvang. Dit was ongelukkig nie suksesvol nie. Marietjie Pieterse, Reta se suster, skryf op BackaBuddy dat sy enkele weke ná hierdie behandeling aansienlik verswak het. Dit het haar hart gebreek om haar suster só te sien agteruitgaan – permanent in pyn en sonder energie en aptyt.

“Ek het ‘n privaat-praktiserende Onkoloog gaan sien en immunoterapie, met die naam Keytruda, is aanbeveel. Dit was nog ‘n relatief nuwe tipe behandeling, maar hoop het opgevlam dat ek moontlik behandel kon word. ‘n ‘Gevreesde Siekte’ polis het uitbetaal en ek kon 15 behandelings bekostig wat gedurende 2019 voltooi is,” vertel Reta.

Marietjie skryf dat Reta wonderbaarlik genees is. Sy het weer haar lewe normaal geleef. Reta vertel dat sy skielik, ná sewe jaar, ‘n knop net onder haar sleutelbeen opgemerk het. ‘n Biopsie het getoon dat dit ‘n mutasie van die kanker is. Immunoterapie sou nie weer help nie – die kanker is aggressief. ‘n Ander tipe behandeling, naamlik Tafinlar en Mekinist, is voorgestel. “Die kanker affekteer my senuweestelsel en tas ook my rug aan.  Ek moet meestal lê en het selfs ‘n bedjie in my kantoor by die werk! Ek wil graag aanhou werk vir die inkomste,” sê Reta.

Die behandeling behels twee tablette wat die astronomiese bedrag van R53,021.70 per maand beloop. Die bedrag wat oor ‘n jaar benodig word (en wat die oogmerk van BackaBuddy is), is R636,261.00. “Die een tablet behandel die kanker en die ander een tree voorkomend op, sodat die kanker nie na ander areas versprei nie,” noem Reta.  Sy voeg by dat die voordeel van die sigbare knop is dat dit gemeet kan word en dat sy dus nie skanderings – wat ook baie duur is – hoef te laat doen nie.

“Ek is dankbaar om te kan sê dat dit vir my moontlik was om reeds met die behandeling te begin. Ek het Saterdag die eerste tablette gedrink. Ek weet nie of dit net my verbeelding is nie, maar ek voel so ‘n sprankie van beterskap,” noem Reta.

Marietjie sê dat enige finansiële hulp opreg waardeer sal word. Die skakel is: https://www.backabuddy.co.za/campaign/hope-for-reta-fund-her-fight. Reta wil ook graag almal wat reeds bygedra het van harte bedank. “Dit word opreg waardeer!”

“Indien enigiemand navrae het, kan hulle my gerus skakel by (082) 315-9940, of alternatiewelik vir Elmarie Fourie by Realty 1 by (082) 040-9057 gedurende kantoorure,” sê ‘n hoopvolle Reta.

 

 
 
 

Viewed: 657

 
 

Pétria de Vaal

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Somer is vir tuinbou, so kom leer meer saam met Athri Wilson

Of jy ’n groot tuin het of selfs net ’n paar potplante vertroetel, almal weet van die menigte voordele wat tuinmaak jou bied. Nie net ontlaai jy van stres nie, maar gesoute tuiniers glo vas dat tuinmaak jou langer laat lewe. Die bekende aktrise, Audrey Hepburn, het gesê: ”Om tuin te maak is om in môre te glo”.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT