ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Vlieënier Gerhard Minnaar wat Dinsdag in die Louis Trichardt-omgewing vermis geraak het. Die meegaande foto is van sy Gyro-helikopter. Foto’s verskaf.

Vlieënier steeds vermis

Date: 17 October 2024 By: Andries van Zyl

Daar word steeds gesoek na die vlieënier Gerhard Minnaar wat Dinsdag, 15 Oktober, vermis geraak het in sy mikroligte vliegtuig tydens ‘n vlug vanaf Mbombela na Musina.

Minnaar het volgens inligting net na 08:30 vanaf Nelspruit opgestyg met sy Gyro-tipe mikroligte vliegtuig. Die laaste plek waar hy geplaas kon word was net buite Louis Trichardt in die Witlag/Bluegumspoort-omgewing. Sedertdien het familie en vriende met hom probeer kontak maak, maar sonder enige sukses.

Burgerlugvaart  het Woensdagoggend aan die Zoutpansberger bevestig dat Minnaar en sy vliegtuig as vermis aangemeld is. Intussen is daar ‘n grootskaalse soektog van stapel gestuur, beide vanuit die lug met vliegtuie en helikopters, asook met soekspanne op die grond.

Soutpansberg Landelike Veiligheid se hulp is ook ingeroep met ‘n span wat saam met speurders van die Makhado Polisie laat Woensdagmiddag na die plek gegaan het waar Minnaar se selfoon blykbaar laaste “gepin” kon word langs die Witvlag-pad. Hulle soektog het egter geen resultate opgelewer nie weens digte bosse. Daar was ook geen nuwe opdatering van sy posisie via sy selfoon nie.

Die soektog duur voort.

 
 
 

Viewed: 1637

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Alliance Fuel's TV giveaway creates unforgettable moments for lucky customers

After weeks of excitement and anticipation, Alliance Fuel announced the winners of their TV Giveaway competition. “A huge thank you to everyone who participated - you made this giveaway bigger and better than we ever imagined,” said the marketing team.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT