ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Generiese foto.

Skok oor ontvoering van bekende plaaslike sakeman

Date: 17 October 2024 By: Andries van Zyl

Inwoners van Louis Trichardt en omstreke het met uiterse skok gereageer op die nuus van die ontvoering van bekende plaaslike sakeman Eddie Gouveia (51) van die Fire Fly-onderneming.

Volgens beskikbare inligting is Gouveia Woensdagaand net na 20:00 by sy onderneming ontvoer. Binne ure is die skoknuus wyd versprei op sosiale media platforms.

In ‘n poging om Woensdagaand se gebeure te bevestig, is ‘n medianavraag vroeg Donderdagoggend aan die polisie se Vhembe-woordvoerder, adjudant-offisier Vuledzani Dathi gestuur. Die koerant wou bevestiging van die voorval verkry, en wou ook weet of die polisie die voorval as ‘n ontvoering ondersoek. Dathi is ook gevra of daar al enigsins deur die ontvoerders met die familie kontak gemaak is? Die polisie het nie op die versoek reageer nie.

Dit is die tweede keer in drie jaar dat ‘n Louis Trichardt sakeman ‘n slagoffer van ontvoerders word. In April 2021 is bekende plaaslike sakeman mnr. Shyam Premjee op pad na sy werk toe ontvoer. Hy is eers ‘n maand later weer vrygelaat.

Woensdagaand se gebeur het plaaslike sakelui onrustig. Een van hulle is Elanie Havinga. Havinga het ‘n ernstige beroep gedoen op inwoners, maar veral plaaslike sakelui, gedoen om beheer te neem van hulle en almal rondom hulle se veiligheid deur inisiatiewe soos die Soutpansberg Dorpswag te ondersteun. Sy het ook genoem dat daar ernstig gekyk moet word om die lang-beplande kamera-projek in die dorp so spoedig moontlik te implementeer. “Dit moet nou gebeur, voordat so iets weer gebeur,” het Havinga gesê.

Dit, het Havinga gesê, behels grootskaalse finansiële steun. “As jy in ‘n veilige omgewing wil besigheid doen, moet jy na die partytjie toe kom. Jy moet help om ‘n veilige omgewing te skep,” het Havinga gesê.

Ten tye van die skryf van hierdie berig was daar geen nuwe inligting oor die ontvoering beskikbaar nie.

 
 
 

Viewed: 1760

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Alliance Fuel's TV giveaway creates unforgettable moments for lucky customers

After weeks of excitement and anticipation, Alliance Fuel announced the winners of their TV Giveaway competition. “A huge thank you to everyone who participated - you made this giveaway bigger and better than we ever imagined,” said the marketing team.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT