ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Afgeneem is die span spelertjies en afrigters wat die afgelope naweek Zoutpansberg Rugby se kliniek by die Louis Trichardt Rugbyklub bygewoon het. Agter, van links na regs, staan afrigters Danie Minnie, Nico van der Westhuizen, Fanie Vosloo, Martin Dreyer, Renier Fourie, Sias Wagner, Lukas Keet, Japie van Heerden, Eckhard Dreyer, Nicolas Masana, Handro Fourie, Erich Botha en Hendrik Burger.  

Eerste suksesvolle kliniek vir Zoutpansberg Rugby

Date: 20 September 2024 By: Andries van Zyl

Zoutpansberg Rugby het die afgelope naweek (13 en 14 September) ’n baie suksesvolle eerste rugbykliniek vir laerskoolspelers (o.7 tot o.13) by die Louis Trichardt Rugbyklub aangebied.

Zoutpansberg Rugby is ‘n nuutgestigte, nie-winsgewende organisasie (NPC 2024/522284/08) wat hulself beywer vir die bevordering van rugby as sportsoort vanaf ’n jong ouderdom. Die kliniek, onder leiding van Sias Wagner (voormalige Blou Bul-speler) en Lukas Keet (wat al vir 12 jaar betrokke is by Blou Bulle-afrigting by laerskole), was nie net gefokus op die spelers nie, maar ook hulle afrigters, waar daar onder andere gekyk is na hoe om spankeuses te maak.

Volgens Renier Fourie van Zoutpansberg Rugby is hulle tevrede met die opkoms en hy het sy dank uitgespreek teenoor almal wat die inisiatief ondersteun het. “Die eerste dag was daar 104 kinders en 98 op die tweede dag,” het Fourie gesê. Hy het ook sy dank uitgespreek teenoor die dag se borge, wat ingesluit het die plaaslike Oklahoma Spur, Avoca Vale, Easy Build, M Premjee & Son, Masequa Bricks, Roman’s Pizza, Oasis Water, Makhado Beer Distributors, Sakata, Potgieter Boerdery, Thusano Products, 93 on Celliers Guest House, Empire, Big 5 Security, BMG, Kia (LTT), GWM en Haval (LTT), Mazda en Suzuki (LTT), DRS Security, Far North Filter Man, Proforum Rekenmeesters, Liebenberg & Goedhals Prokureurs, Elegant Gas, Leach Printers en die Zoutpansberger. “Ondersteun hierdie borge asseblief,” het Fourie gesê.

Fourie het ook sy dank uitgespreek teenoor die Louis Trichardt Rugbyklub vir die gebruik van hulle fasiliteite. In dieselfde asem het hy die gemeenskap uitgenooi om eerskomende Saterdag, 21 September, die klub se eerste span te ondersteun wanneer hulle op tuisbodem te staan kom teen Bloemfontein Polisie in hulle eerste Gold Cup-wedstryd.

Volgens Fourie beplan hulle reeds hulle volgende kliniek vir Maart 2025. Buiten vir rugby wil hulle ook netbal as sportsoort by die kliniek insluit. Dit sal oop wees vir alle skole.

Vir meer inligting oor Zoutpansberg Rugby, skakel Fourie by tel. (083) 281-0378.

 

 
 
 

Viewed: 262

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

ADVERTISEMENT