ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Dit was van die slegste tye nóg dié seisoen weens gure weersomstandighede soos sterk wind en die son wat hard neergebrand het op die duiwe. Generiese foto.

RWJ & Mike Coetzee streekkampioene ná laaste wedvlugte

Date: 20 September 2024 By: Andries van Zyl

Posduifklubs in die Noordstreek, en ook die Hangklip- (Hlp) en Soutpansberg Posduifklubs (Spb), het die afgelope naweek deelgeneem aan hulle laaste wedvlugte van die jaar, naamlik twee opewedvlugte vanaf Warrenton oor ’n afstand van 760 km.

In die 16A-opewedvlug is 36 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posies word hier genoem. Die wedvlug word gewen deur RWJ & Mike Coetzee (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 776.64. Dit was van die slegste tye nóg dié seisoen weens gure weersomstandighede soos sterk wind en die son wat hard neergebrand het op die duiwe. Mieke & Mike was ook 4de en 6de. Seun van Rensburg (Letaba) was 2de en 3de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 5de, 7de, 11de, 13de, 14de, 16de en 17de, Riaan van den Berg (Letaba) 8ste, Mieke & Mike Coetzee (Hlp) 9de en Pienaar Hokke (Hlp) 10de, 12de, 15de, 18de en 19de.

Ook die 16B-opewedvlug, waar 29 duiwe losgelaat is, word gewen deur RWJ & Mike, nadat hul wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 739.60 meter per minuut. Hulle was ook 7de. Bezuidenhout Hokke was 2de, 3de, 4de, 5de, 6de en 8ste, Pienaar Hokke 9de, 10de, 11de, 12de en 14de en Mieke & Mike 13de.

Ná afloop van die naweek se wedvlugte word RWJ & Mike ook gekroon as die Streek-Kampioene vir 2024. Hulle wen ook die langpad-reeks. Bezuidenhout Hokke is weer dié jaar die streek se Ope-Kampioene.

Die wedvlugseisoen is nou afgehandel en die duiwe gaan nou rustig by die huis verkeer tot Meimaand volgende jaar.

 

 
 
 

Viewed: 237

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

ADVERTISEMENT