ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Plaaslike T20-liga weer volstoom aan die gang

Date: 09 May 2024 By: Andries van Zyl

Dié was ‘n besige krieketweek, met die Louis Trichardt Krieketklub se volgende ronde T20-wedstryde wat op die Louis Trichardt Ovaal beslis is.

Op 1 Mei het die Killers en die Strikers teen mekaar te staan gekom. Die Killers het eerste ingegaan om te kolf en 185 lopies vir die verlies van agt paaltjies (185/8) in hulle 20 beurte aangeteken. Die telling was grootliks te danke aan kolwer AC Geldenhuys se blitsige 59 lopies vanaf 23 balle, wat ingesluit het ses viere en vyf sesse. Dubbelsyferbydraes vanaf die kolf is ook gelewer deur Zander Volgraaff (14), Lukas Visser (22), Ruan van Tonder (38) en Julius Kemp (22). Vir die Strikers het Philip Blom die meeste sukses gehad en hy het vier paaltjies vir die verlies van 19 lopies in sy vier beurte (4/19/4) laat kantel. Mede-boulers Riaan Gerber en Jerome Koekemoer het onderskeidelik 2/25/4 en 2/32/4 geneem.

Die Strikers het goed geveg in ‘n kolfbeurt wat twee 50-talle gesien het, een deur aanvangskolwer Dirk van den Berg (56) en een deur Jeromo Koekemoer (51), met dubbelsyferbydraes deur Gehard Dreyer (17) en Philip Blom (12). Maar ‘n wen was nie op die kaarte vir die Strikers gewees nie en die laaste bal in hulle kolfbeurt is geboul met hulle telling op 166/4, wat aan die Killers ‘n 19-lopie oorwinning besorg het. Vir die Strikers het AC Geldenhuys, Ruan van Tonder, Julius Kemp en Frikkie van Niekerk elk een paaltjie ingeoes.

Saterdag, 4 Mei, het die Strikers teen die Warriors uitgestap, met die Warriors wat eerste ingegaan het om te kolf. Danksy dubbelsyferbydraes deur kolwers Hasan Diwan (22), Ashraf Padarwala (22) en Dilawer Patel (31), het die Warriors 108 lopies aangeteken, met hulle laaste paaltjie wat in 18.4 beurte geval het. Vir die Strikers het bouler Riaan Gerber drie paaltjies vir die verlies van 12 lopies in 3,4 beurte gevat, terwyl spanmaat Hanco Kok 3/20/3 laat kantel het. Jerome Koekemoer het 2/17/3 geneem, terwyl Phillip Blom en Jeremy Rademeyer elk een paaltjie kon inoes.

Die Strikers-kolwers het heldhaftig in hulle kolfbeurt geveg, met dubbelsyferbydraes vanaf die kolf deur Jerome Koekemoer (22), Jeremy Rademeyer (20), Phillip Blom (12) en Ockert de Lange (11). Die kolwers was egter almal terug in die pawiljoen met die telling op 100/10 in die 17de beurt, wat aan die Warriors ‘n 8-paaltjie oorwinning besorg het. Vir die Warriors het bouler Ashraf Padarwala 3/21/3.3 geneem, met spanmaats Dilawer Patel wat 2/20/4 en Brendan Bouwer wat 2/14/4 kon inoes. Jacques Burger het een paaltjie laat kantel.

Die laaste wedstryd van die naweek was Sondag, 5 Mei, tussen die Roaring Lions en die Killers, met die Roaring Lions wat eerste gaan kolf het. Die span het 103/9 aangeteken in hulle toegelate 20 beurte, met dubbelsyferbydraes deur kolwers Craig Viljoen (39), Neil Louw (16) en Ayaaz Patel (19). Vir die Killers het boulers Zander Vollgraaff 2/1/2, Paulo Piorek 2/11/3 en Stefan Swanepoel 2/9/2 platgetrek, terwyl AC Geldenhuys, Ruan van Tonder en Lukas Visser elk een paaltjie kon neem.

Die Killers-kolwers het geen tyd voor die paaltjies gemors nie en die wenlopies in die agste beurt geslaan met ‘n telling van 105/3, wat aan hulle ‘n sewe-paaltjie oorwinning besorg het. Vir die Killers het kolwers Julius Kemp, Zander Vollgraaff (nie uit nie) en Lukas Visser (nie uit nie) uitgestaan met bydraes van onderskeidelik 17, 29 en 35 lopies. Vir die Lions het slegs bouler Thabang Maselesa sukses gehad, met ‘n boulontleding van 2/35/2.

Die volgende ronde wedstryde in die plaaslike T20-liga word eerskomende naweek beslis wanneer die Warriors en RCI Saterdag, 11 Mei, om 14:00 mekaar aanvat. Sondagmiddag speel die Killers en Limpopo Melkery.

 

 
 
 

Viewed: 805

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT