ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiwe spook sake uit vanaf Klerksdorp

Date: 07 July 2023 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklub het die afgelope naweek deelgeneem aan hulle vyfde ronde wedvlugte, naamlik ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Klerksdorp oor ‘n afstand van 550 km.

In die jaaroudwedvlug is 101 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Louis Jordaan (Hlp), nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1 246.60 meter per minuut. Hy was ook 2de en 12de. RWJ & Mike Coetzee (Hlp) was 3de, 4de, 5de, 6de, 10de en 18de, Mieke & Mike Coetzee (Hlp) 7de, 8ste, 9de en 19de, Pienaar Hokke (Hlp) 11de, 13de en 20ste, Gerhard Bezuidenhout (Hlp) 14de, Marx Hokke (Spb) 15de, Osie Oosthuizen 16de en Louis Gossmann (Spb) 17de.

In die opewedvlug is 102 duiwe losgelaat, met Mieke & Mike Coetzee wat met die louere weggestap het, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1 248.17 meter per minuut. Hulle was ook 6de en 20ste, Nico & Dian Bezuidenhout (Hlp) was 2de en 13de, Louis Jordaan 3de, 4de, 18de en 19de, Marx Hokke 5de, 12de en 17de, Louis Gossmann 7de, RWJ & Mike Coetzee 8ste, 10de, 11de en 16de, Pienaar Hokke 9de en Gerhardt Bezuidenhout 14de en 15de.

Eerskomende naweek neem die twee klubs se duiwe deel aan ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Virginia oor ‘n afstand van 640 km.

 

 
 
 

Viewed: 1114

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT