ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die boek wat Linette de Vaal van der Merwe geskryf het, João, Dapperste onder die dapperes.

João Albasini was 'n merkwaardige figuur

Date: 28 July 2017 By: Anton van Zyl

Die tweede kultuurhistoriese skat van die Erfeniskomitee se skattejagprojek is die Albasini-gedenkplaat geleë in die boompark langs die N1 snelweg.

‘n Uittreksel uit die historiese roman, João, Dapperste onder die dapperes deur Linette de Vaal van der Merwe, bevestig dat João Albasini ‘n pionier in die Soutpansbergstreek was en op wie se nalatenskap ons trots is. 

João was ‘n gesiene man as gevolg van sy opleiding in wetlike sake, sy leierseienskappe en kennis van verskeie tale. Bo en behalwe sy handelswinkel het hy ‘n agentskap gehad waar hy huwelike kon voltrek, testamente opstel en boedels beredder.  Hy het alle offisiële briewe geskryf, belangrike besoekers ontvang en as tolk opgetree.  João het die Boere gesien as ‘n baie ernstige groep mense wat baie godsdienstig was en die Bybel as riglyn voorgehou het. Hy was self ‘n man wat die lewe ernstig opgeneem. Hier waar die Boere hulle lot en hulle toekoms argumenterend bespreek, hier waar die swart stamme onderling veg om mag en grondbesit, hier het João vele moontlikhede gesien vir ‘n intense lewe vol gevare op die jagveld en handel met die inwoners.

Hy was ‘n gebore leier en uiters ongeduldig met swakkelinge. Hy was ‘n perdeliefhebber, maar het tog verkies om op ‘n muil te ry en donkies as trekdiere te gebruik. Die donkies was volgens hom bestand teen die tsetsevlieg. Hy was ‘n uitstekende skut en het senuwees van staal gehad. Deur sy eie dapperheid het hy altyd ‘n voorbeeld vir sy volgelinge gestel. Ten spyte van sy militaristiese opvattings en die handhawing van streng dissipline het João se volgelinge hom gerespekteer soos geen witman ooit in daardie tyd gerespekteer is nie.

Op 10 Julie 1888 sterf die groot, dapper João Albasini. Die regop, hoë kranse van die Soutpansberge het die rou klaagliedere aangehoor en terug ge-eggo om ook te deel in die dood van die “Dapperste onder die Dapperes.”

In die Shangaankultuur is daar vele legendes van João wat van geslag tot geslag oorgedra is.  Hulle vertel van sy deursettingsvermoë en die beskerming wat hy aan hulle gebied het, sy absolute regverdigheid, wonderlike insig en wysheid.

Dr D Wangeman, die destydse direkteur van die Berlynse sending, het João gedurende 1884 op Goedewensch besoek en van hom gesê:

“Hierdie Albasini is een van die merkwaardigste persoonlikhede in Suid-Afrika... “

 

Hou ons Facebook-blad ERFENIS BEWARING- EN BEWUSMAKINGSKOMITEE: LOUIS TRICHARDT EN STREEK en die koerant dop vir volgende week se skat.

 
 
 

Viewed: 483

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

Stefanie Venter en Keegan Mocke besoek die Albasini-gedenkplaat in die Boompark.

Van links is Eddie Senekal, Robert Marais, Schalk Senekal en Isabella Marais by die Albasini-gedenkplaat.

'n Foto wat kort voor Albasini se dood geneem is op "Goedewensch" met Njaka-Njaka, sy hoof indoena, op wie se grond Elim gevestig is. Foto verskaf deur Sidney Miller.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT