ADVERTISEMENT:
Generiese foto.
Date: 31 October 2024 By: Andries van Zyl
Louis Trichardt se eerste krieketspan het Sondag, 27 Oktober, op hulle tuisveld in ‘n dubbel-ronde stryd te staan gekom teen die Mohodi Krieketklub in die volgens reeks wedstryde in die provinsiale T20-krieketreeks. Na ‘n goeie eerste wedstryd verloor Louis Trichardt se manne egter die tweede kragmeting op grond van die Duckworth–Lewis stelsel.
In hulle oggendwedstryd gaan Louis Trichardt in om eerste te kolf en teken 166 lopies aan voordat hulle uitgeboul word in 18.1 beurte. Die grootste bydrae tot die telling is gemaak deur AC Geldenhuys wat 69 lopies slaan vanaf slegs 34 balle, in ‘n beurt wat ingesluit het ses viere en ses sesse. Ander dubbelsyferbydraes vanaf die kolf het gekom van Nimesh Watekar (26) en Gerhardus Fourie (30). Mohodi het 18 ekstras in hulle boulbeurt afgestaan. Die paaltjie-vatters was Mashalane Mpontsheng (wat drie paaltjies vir die verlies van 15 lopies in 2.1 beurte kon neem), asook spanmaat Mahlodi Sekuba, wat ‘n boulontleding van 3/31/4 gehad het, terwyl Mashalane Aubrey 2/34/4 kon vat en Thabiso Motlhasedi en Morema Kamogelo elk een paaltjie platgetrek het.
Mohodi se kolwers het goed probeer die teiken bereik, met dubbelsyferbydraes deur Kamogelo Madibana (13), Mojela Godfrey (26), Muzikayise Masasane (15), en Mahlodi Sekuba (10). Dit was egter nie goed genoeg nie en die span is in 19.5 beurte uitgeboul met hul telling op 114, wat aan Louis Trichardt ‘n 52-lopie oorwinning besorg het. Vir Louis Trichardt het bouler Leon Olwage 3/16/2.5 geneem, terwyl spanmaats Brian Vermeulen 2/15/4 en Usman Shani 2/19/2 kon inoes. Lukas Visser het een paaltjie platgetrek. Louis Trichardt staan 17 ekstras af.
In die tweede kragmeting van die dag, ook op Louis Trichardt se tuisveld Sondagmiddag, het Mohodi ingegaan om eerste te kolf en was dit hulle wat dié keer 166 lopies vir die verlies van ses paaltjies in hulle 20 beurte aangeteken het. Dit was te danke aan dubbelsyferbydraes vanaf die kolf deur Morema Kamogelo (47 vanaf slegs 23 balle, insluitend vyf viere en twee sesse), Kamogelo Madibana (24), Mojela Godfrey (45), Muzikayise Masasane (18) en Mokala Matome (14).
Mohodi verhang egter die bordjies teen Louis Trichardt in hulle boulbeurt en trek vyf paaltjies plat vir slegs 56 lopies op die telbord, voordat Sondagmiddag se hewige donderstorm spel in die agste beurt gestaak het, wat aan Mohodi ‘n 111-lopie oorwinning volgens die Duckworth–Lewis stelsel besorg het. Vir Louis Trichardt kon slegs AC Geldenhuys (21) en Lukas Visser (23) dubbelsyfers aanteken. Vir Mohodi het bouler Morema Kamogelo 2/10/2.4 geneem, terwyl Aubrey Mashalane en Sekuba Mahlodi elk een paaltjie laat kantel het.
Viewed: 217
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.
ADVERTISEMENT
ADVERTISEMENT:
Of jy ’n groot tuin het of selfs net ’n paar potplante vertroetel, almal weet van die menigte voordele wat tuinmaak jou bied. Nie net ontlaai jy van stres nie, maar gesoute tuiniers glo vas dat tuinmaak jou langer laat lewe. Die bekende aktrise, Audrey Hepburn, het gesê: ”Om tuin te maak is om in môre te glo”.
ADVERTISEMENT