ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die negejarige Leo Botha, wat met sy 2.248 kg swartbaars die junior-afdeling van die MLF (Major League Fishing) Gauteng-swartbaarsliga die afgelope naweek by Rhenosterkopdam gekroon is. Foto verskaf.

Jong Leo land prag swartbaars om junior-afdeling te beklink

Date: 06 September 2024 By: Andries van Zyl

Die ouers van die negejarige Leo Botha van Louis Trichardt is ongelooflik trots op hom, nadat hierdie jong hengelaar die afgelope naweek gewys het wat in hom steek deur as algehele wenner van die junior-afdeling van die MLF (Major League Fishing) Gauteng-swartbaarsliga gekroon te word.  

Die jong Leo het saam met pa JD en boetie Alexander aan die toernooi by Rhenosterkopdam in Mphumalanga gaan deelneem.

“Dit is ‘n baie groot kompetisie en ons is baie trots op hom,” het ma Cherese Botha gesê. Plaaslik is Cherese baie bekend vir haar betrokkenheid by CANSA. Leo se eie lewensverhaal en stryd teen kanker is eweneens inspirerend. Hy is in 2016 met die siekte gediagnoseer maar reageer tans baie goed op behandeling.

“Hy is nog tans in remissie en sien een keer ’n jaar sy onkoloog. Hy is regtig ‘n wonderwerk!” het Cherese gesê.

Die MLF-toernooi gee aan hengelaars van suider Afrika die geleentheid om internasionale erkenning te kry in die sport van swartbaars-hengel onder die vaandel van Major League Fishing US – die grootste visvang-organisasie in die wêreld. Klein Leo het met sy deelname die afgelope naweek seker gemaak dat sy naam ook in die annale van dié organisasie aangeteken is met sy vangs van ‘n 2.248 kg swartbaars.

Buiten vir visvang, is Leo ook 'n kranige hokkie- en rugbyspelertjie. "Maar visvang is maar sy ding. Hulle [saam met sy pa en boetie] is omtrent elke naweek op die water. Hy doen baie goed met sy visvang," het Cherese gesê.

 
 
 

Viewed: 882

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

ADVERTISEMENT