ADVERTISEMENT:

 

 
 

Eerskomende naweek vlieg die klubs se duiwe weer vanaf Warrenton oor ‘n afstand van sowat 770 km.

Weer twee eerste plekke vir Mieke & Mike Coetzee

Date: 15 August 2024 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek weer teen mekaar te staan gekom in ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van 610 km.

In die jaaroudwedvlug is 65 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste twintig posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Mieke & Mike Coetzee (Hlp) nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 1,373.88 meter per minuut. Hulle was ook 9de, 10de en 18de. RWJ & Mike Coetzee (Hlp) was 2de, 14de, 15de, 16de, 19de en 20ste, Pienaar Hokke (Hlp) 5de, 14de, 15de, 16de, 19de en 20ste, Marx Hokke (Spb) 6de, Louis Gossmann (Spb) 11de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 12de en 17de en Seun van Rensburg (Letaba) 13de.

In die opewedvlug is 59 duiwe losgelaat. Mieke & Mike Coetzee stap ook in dié wedvlug met die louere weg, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ‘n gemiddelde spoed van 1,363.14 meter per minuut. Hulle was ook 11de, 14de en 19de. RWJ & Mike Coetzee was 2de, 12de en 13de, Bezuidenhout Hokke 3de, 4de, 8ste en 10de, Pienaar Hokke 5de, 6de, 9de, 16de, 18de en 20ste, Marx Hokke 7de en 17de en Seun van Rensburg 15de.

Ná afloop van die naweek se wedvlugte loop Mieke & Mike Coetzee voor op die provinsiale punteleer in die Noordstreek se opekampioenskap met 1,275 punte. Bezuidenhout Hokke is tweede met 1,258 punte en RWJ & Mike derde met 1,232 punte. In die jaaroudkampioenskap is RWJ & Mike Coetzee voor met 987 punte. Mieke & Mike Coetzee in tweede met 967 punte en Bezuidenhout Hokke derde met 915 punte. Wat die streekkampioenskappe betref, is Mieke & Mike Coetzee ook voor met 2,242 punte, RWJ & Mike Coetzee tweede met 2,219 punte en Bezuidenhout Hokke derde met 2,173 punte.

Eerskomende naweek vlieg die klubs se duiwe weer vanaf Warrenton oor ‘n afstand van sowat 770 km.

 
 
 

Viewed: 1028

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

ADVERTISEMENT