ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiwe kompeteer vanaf Wolmaransstad

Date: 25 July 2024 By: Andries van Zyl

Duiweboere in die Noordstreek, insluitend lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs, se duiwe het die afgelope naweek weer mekaar die stryd aangesê in ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van sowat 610 km.

In die jaaroudwedvlug is 92 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1218.84 meter per minuut. Hulle was ook 5de, 8ste en 17de. Mieke & Mike Coetzee (Hlp) was 2de, 3de, 6de, 18de en 19de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 4de en 12de, Frikkie du Plooy (Letaba) 7de en 20ste, Pienaar Hokke (Hlp) 9de en 15de, Louis Gossmann (Spb) 10de, 11de, 14de en 16de en Ben Arnold (Letaba) 13de.

In die opewedvlug is 84 duiwe losgelaat, maar weereens word net die eerste 20 posisies genoem. Die wedvlug is gewen deur Pienaar Hokke, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1209.85 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 15de, 16de, 18de en 20ste. RWJ & Mike Coetzee was 3de, 4de, 6de en 13de, TE Smit (Hlp) 5de en 17de, Mieke & Mike Coetzee 7de, 8ste en 14de, Bezuidenhout Hokke 9de, 10de en 11de, Marx Hokke (Spb) 12de en Louis Gossmann 19de.

Eerskomende naweek sal die klubs in die Noordstreek se duiwe weer vanaf Wolmaransstad vlieg.

 

 
 
 

Viewed: 1565

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

McDonald’s Suid-Afrika loods hul “Ken Ons Kos” veldtog

Advertorials: 12 July 2024

McDonald’s Suid-Afrika het ‘n veldtog geloods wat daarop gemik is om verbruikers meer te vertel oor die kwaliteit van hul voedselprodukte, asook die klem wat die maatskappy plaas op volhoubare produksie en etiese werkswyses by verskaffers.

ADVERTISEMENT