ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiwe kry die wind van voor vanaf Sannieshof

Date: 18 July 2024 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek deelgeneem aan ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Sannieshof oor ‘n afstand van 570 km. Die duiwe het letterlik die wind van voor gekry, met ‘n sterk noordewind wat die duiwe se spoed afgebring het na 1,150 meter per minuut.

In die jaaroudwedvlug is 85 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. In die eerste plek was Marx Hokke (Spb) nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n wenspoed van 1,121.74 meter per minuut. Mieke & Mieke Coetzee (Hlp) was 2de en 5de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 3de, 14de, 16de en 17de, RWJ & Mike Coetzee (Hlp) 4de, 7de, 8ste, 15de en 18de, Louis  Gossmann (Spb) 6de, 10de, 11de en 12de, Seun van der Merwe (Letaba) 9de, 13de en 19de en Riaan van den Berg (Letaba) 20ste.

In die opewedvlug is 81 duiwe losgelaat, met weereens die eerste twintig posisies wat hier genoem word. In dié wedvlug was dit Mieke & Mike Coetzee wat met die louere weggestap het, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1,155.57 meter per minuut. Hulle was ook 3de, 5de en 11de. Bezuidenhout Hokke was 2de, 13de, 16de en 19de, Pienaar Hokke (Hlp) 4de, 10de, 17de en 18de, RWJ & Mike Coetzee 6de, 7de en 12de, Marx Hokke 8ste en 15de, Seun van Rensburg 9de en 20ste en Louis Gossmann 14de.

Voorverlede Saterdag (6de) het die klubs deelgeneem in ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Coligny oor ‘n afstand van 505 km. Die jaaroudwedvlug is gewen deur Seun Van Rensburg en die opewedvlug is gewen deur Mieke & Mike Coetzee. Eerskomende Saterdag sal die klublede se duiwe deelneem aan wedvlugte vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van sowat 610 km.

Wat die provinsiale punteleer betref (Noord Streek) is RWJ & Mike Coetzee eerste in die jaaroud-kampioenskap met 688 punte. Tweede is Mieke & Mike Coetzee met 678 punte en Louis Gossmann derde met 633 punte. Wat die ope-kampioenskap betref, is Mieke & Mike bo-aan die punteleer met 784 punte. Bezuidenhout Hokke is tweede met 778 punte en RWJ & Mike derde met 754 punte. Mieke & Mike is ook eerste in die kortpad-kampioenskap met 1,263 punte, met RWI & Mike en Bezuidenhout Hokke tweede en derde met onderskeidelik 1,250 en 1,211 punte.

 

 
 
 

Viewed: 1706

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

McDonald’s Suid-Afrika loods hul “Ken Ons Kos” veldtog

Advertorials: 12 July 2024

McDonald’s Suid-Afrika het ‘n veldtog geloods wat daarop gemik is om verbruikers meer te vertel oor die kwaliteit van hul voedselprodukte, asook die klem wat die maatskappy plaas op volhoubare produksie en etiese werkswyses by verskaffers.

ADVERTISEMENT