ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiwe spook sake uit vanaf Coligny

Date: 04 July 2024 By: Andries van Zyl

Duiweboere van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe het die afgelope naweek die lang pad terug vanaf Coligny in drie wedvlugte aangedurf.

Die wind het lig noord gewaai, met ‘n effense wolkbank, maar die duiwe kon steeds daarin slaag om ‘n redelike spoed van ongeveer 1,220 meter per minuut te handhaaf.

In die jaaroudwedvlug is 108 duiwe losgelaat, maar net die eerste 20 posisies word genoem. Die wedvlug is gewen deur Bezuidenhout Hokke (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1,215.65 meter per minuut. Hulle was ook 6de en 14de. Mieke & Mike Coetzee (Hlp)was 2de, 4de, 7de, 11de, 12de en 16de, RWJ & Mike Coetzee (Hlp) 3de, 8ste, 9de, 10de en 13de, Louis Gossmann (Spb) 5de en 20ste, Marx Hokke (Spb) 15de en Pienaar Hokke (Hlp) 17de, 18de en 19de.

In die 5B-opewedvlug is 85 duiwe losgelaat, maar weer word net die eerste 20 genoem. Bezuidenhout Hokke spog weer met ‘n eerste plek, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1,143.04 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 6de, 8ste en 13de. Mieke & Mike Coetzee was 3de, 5de en 9de, RWJ & Mike Coetzee 4de, 7de, 10de, 15de en 19de, Louis Gossmann 11de, TE Smit (Hlp) 12de en 14de, Pienaar Hokke 16de, 17de en 18de en Marx Hokke 20ste.

In die 5C-opewedvlug was dit Pienaar Hokke wat met die louere weggestap het, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1,192.73 meter per minuut. Hulle was ook 9de, 10de, 15de, 16de en 19de. RWJ & Mike Coetzee was 2de, 4de, 5de, 6de en 14de, Mieke & Mike Coetzee 3de, 7de en 11de, Bezuidenhout Hokke 8ste, 12de, 13de, 17de en 18de en Marx Hokke 20ste.

Eerskomende naweek sal die duiweboere se duiwe weer vanaf Coligny wedywer.

 

 
 
 

Viewed: 708

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT