ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Duiwe klok vinnige tye terug vanaf Rustenburg

Date: 21 June 2024 By: Andries van Zyl

Lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs op Louis Trichardt het die afgelope naweek deelgeneem aan hulle derde wedvlug van die seisoen, met hulle duiwe wat Saterdag gekompeteer het vanaf Rustenburg oor ‘n afstand van 398 km. ‘n Ligte suid-westelike wind het die duiwe lekker aangehelp en daartoe bygedra dat die duiwe vroeg tuis was met ‘n gemiddelde spoed van ongeveer 1,450 meter per minuut.

In die jaaroudwedvlug is 114 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n gemiddelde spoed van 1,446.40 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 3de, 4de, 6de, 18de, 19de en 20ste. Mieke & Mike Coetzee was 5de, 7de, 16de en 17de, Louis Gossmann (Spb) 8ste, 9de, 10de, 11de, 12de, 13de en 14de en Marx Hokke (Spb) 15de.

In die opewedvlug is 92 duiwe losgelaat, maar weereens word net die eerste 20 plekke gelys. Die wedvlug is gewen deur Bezuidenhout Hokke (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1,458.11 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 6de, 7de en 8ste. Marx Hokke was 3de, 5de, 18de en 20ste, TE Smit (Hlp) 4de, Mieke & Mike Coetzee 9de, 10de, 12de en 16de, RWJ & Mike Coetzee 11de, 13de en 17de, Louis Gossmann 14de en 19de en Pienaar Hokke (Hlp) 15de.   

Eerskomende Saterdag neem die twee klubs weer deel aan wedvlugte vanaf Rustenburg.

Vir meer inligting oor die sportsoort, skakel Bertus Marx (wedvlug sekretaris) by tel. 083 307 7533.

 

 
 
 

Viewed: 1437

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

McDonald’s Suid-Afrika loods hul “Ken Ons Kos” veldtog

Advertorials: 12 July 2024

McDonald’s Suid-Afrika het ‘n veldtog geloods wat daarop gemik is om verbruikers meer te vertel oor die kwaliteit van hul voedselprodukte, asook die klem wat die maatskappy plaas op volhoubare produksie en etiese werkswyses by verskaffers.

ADVERTISEMENT