ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Eerste wedvlug van die seisoen vir duiweboere

Date: 06 June 2024 By: Andries van Zyl

Die nuwe wedvlugseisoen vir duiweboere het die afgelope naweek afgeskop, met die eerste jaaroud- en opewedvlugte in die Noord Streek wat vanaf Koedoeskop oor ‘n afstand van 320 km beslis is. Oudergewoonte het die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklub op Louis Trichardt weer op plaaslike front mekaar aangevat.

In die jaaroudwedvlug is 119 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 plekke word hier genoem. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee (Hlp) nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n wenspoed van 1068.15 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 5de, 6de, 9de, 11de en 13de. Pienaar Hokkie (Hlp) was 3de, 8ste, 12de, 15de en 18de, Marx Hokke (Spb) 4de, 10de en 16de, Mieke & Mike Coetzee (Hlp) 7de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 14de en 20ste, Louis Gossmann (Spb) 17de en Bertus van der Merwe (Letaba) 19de.

In die opewedvlug is 102 duiwe losgelaat, maar weereens word net die eerste 20 plekke hier genoem. Die wedvlug is gewen deur Bezuidenhout Hokke, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1,108.45 meter per minuut. Hulle was ook 6de, 7de, 17de en 19de. Marx Hokke was 2de, 5de, 8ste, 14de, 18de en 20ste, Mieke & Mike Coetzee 3de en 10de, Louis Gossmann 4de, 15de en 16de, TE Smit (Hlp) 9de en 13de, RWJ & Mike Coetzee 11de en Pienaar Hokke 12de.

Die klubs se volgende wedvlugte vind eerskomende naweek plaas vanaf Brits oor ‘n afstand van sowat 360 km.

 

 
 
 

Viewed: 1461

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT