ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die RCI-span wat Sondag met die Killers afgereken het in die eindstryd van die plaaslike T20-liga op die Louis Trichardt Ovaal. Foto verskaf.

RCI kraai koning in eindstryd van T20-liga

Date: 30 May 2024 By: Andries van Zyl

Die finaal van die Louis Trichardt Krieketklub se plaaslike T20-liga is Sondag, 26 Mei, beslis tussen RCI en die Killers, met RCI wat as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Die Killers het eerste gaan kolf en ‘n skaflike 140 lopies vir die verlies van vyf paaltjies (140/5) in hulle toegelate 20 beurte aangeteken. Die grootste bydrae vanaf die kolf was deur nommer twee kolwer Dewald Joubert, wat 64 lopies kon aanteken vanaf 38 balle, wat ingesluit het ses viere en vyf sesse. Dubbelsyferbydraes met die kolf is ook gelewer deur Zander Volgraaff (15), Ruan van Tonder (21 nie uit nie) en Julius Kemp (14).

Vir RCI het bouler Irfan Bhana met die beste boulontleding van twee paaltjies vir die verlies van slegs 13 lopies in sy vier beurte (2/13/4) gespog. Spanmaat Saad Zubair het 2/17/4 geneem, terwyl Rafik Musa (Ikram Kamboli) een paaltjie (1/26/4) kon plattrek.

RCI het met reëlmaat in hulle kolfbeurt paaltjies verloor, maar die kolwers het kop gehou en met drie balle oor in die wedstryd die wenlopies van 141/6 geslaan, wat aan hulle ‘n vier-paaltjie oorwinning besorg het. Die wentelling was grootliks te danke aan Ikramuddin Patel, wat 59 lopies aangeteken het (wat ingesluit het sewe viere). Dubbelsyferbydraes vanaf die kolf is ook gelewer deur Saad Zubair (14) en Jabir Abhuji (18).

Vir die Killers het bouler Lukas Visser 2/15/2.2 ingeoes, terwyl spanmaat Dewald Joubert 2/27/4 kon inpalm. AC Geldenhuys en Ruan van Tonder het elk een paaltjie geneem, beide met ‘n boulontleding van 1/31/4.

Wat individuele prestasies die afgelope liga betref, was AC Geldenhuys die beste kolwer met 307 lopies vanaf die kolf. Zander Volgraaff was tweede met 214 lopies en Gerhardus Fourie derde met 177 lopies.

Wat die boulers betref, het beide Dilawer Patel en AC Geldenhuys elke 11 paaltjies platgetrek, maar Patel het met die louere weggestap vanweë ‘n beter boulekonomie van 5,47. Geldenhuys se boulekonomie was 6,29. Die derde-beste bouler die afgelope liga was Rafik Musa met 10 paaltjies.

 

 
 
 

Viewed: 1642

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT