ADVERTISEMENT:

 

 
 

Foto: Argief/Conway Rugbydag 2024.

Dorp geniet Saterdag tuisveld-voordeel teen Potties

Date: 24 May 2024 By: Andries van Zyl

Met Louis Trichardt wat tans kookwater rugby speel in die provinsiale rugbyliga is lekker hardlooprugby weer op die spyskaart tydens die Louis Trichardt Rugbyklub se volgende ronde ligawedstryde eerskomende Saterdag, 25 Mei.

Louis Trichardt sal weer tuisveld-voordeel geniet wanneer al drie die dorp se spanne teen Potties sal uitdraf. Om 15:00 sal die twee dorpe se derdespanne mekaar aanvat, waarna Louis Trichardt 2 en Potties 2 om 16:30 mekaar die stryd sal aansê. Die hoofwedstryd van die dag beloof om weer groot toeskouerwaarde te hê, met die dorpe se eerstespanne wat om 18:00 op die veld sal draf.

Toegang beloop R40 per voertuig. ‘n Kontantkroeg en kos sal te koop wees.

 
 
 

Viewed: 1494

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT