ADVERTISEMENT:

 

 
 

Ahmed Samie by die wegspring van die 200 meter vir seuns o.16, wat hy gewen het. Foto verskaf.

Triegie-atlete 'n krag om mee rekening te hou

Date: 01 February 2024 By: Karla van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se atlete het weereens gewys dat hulle nie hoef terug te staan vir groter skole se atlete nie tydens die atletiekbyeenkoms by Hoërskool Pietersburg (PHS) verlede Vrydag, 26 Januarie. Die Triegie-atlete kon spog met verskeie eerste, tweede en derde plekke, asook ‘n paar rekords.

Ahmed Samie het sy kompetisie in die stof gelaat met drie eerste plekke en ‘n rekord op die dag. Samie het eerste plekke in die 100 meter en 200 meter vir seuns o.16 behaal, en ook ‘n rekord opgestel in die seuns 110 meter hekkies in dieselfde ouderdomsgroep met ‘n tyd van 14.74 sekondes. Hy het ook die dag weggestap met die trofeë as senior Victor ludorum, Seunsatleet van die Dag, asook beste senior veldatleet.

Chrizette Odendaal het weereens beïndruk met vier eerste plekke in die meisies o.15-ouderdomsgroep. Sy was eerste in die 200 meter, 90 meter hekkies, 300 meter hekkies en verspring. Saam met haar eerste plekke het sy ook die trofeë vir beste junior baanatleet en junior Victrix ludorum ontvang.

Andrea Badenhorst het op haar beurt die toekenning as beste senior meisies veldatleet vir haar eerste plek in die gewigstoot vir meisies o.16 verwerf.

Thabang Masalesa het twee eerste plekke, in die 110 meter hekkies en ook in die driesprong vir seuns o/19 verwerf, terwyl Mafunwa Maliavusa twee eerste plekke losgespring het in die hoogspring en driesprong vir seuns o.16, met ‘n rekord in die driesprong met ‘n afstand van 12.33 meter.

Die Triegie-atlete het nog ses ander eerste plekke behaal, met Unarine Netshitangani eerste in die 200 meter vir seuns o.17, Cara Bruce eerste in die 300 meter hekkies vir meisies o.14, Mijanke Venter eerste in die diskus vir meisies o.16 en Nyengedza Davhana eerste in die driesprong vir meisies o.15 (rekord van 9,2 m). Ook die skool se seuns o.16-aflosspan het hulle item gewen.

Saam met al die eerste plekke, rekords en trofees het Triegies 18 tweede plekke en nege derde plekke ingepalm. As skool het hulle derde geëindig tydens die byeenkoms.

 

 
 
 

Viewed: 1522

 

 
 

Karla van Zyl

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT