ADVERTISEMENT:

 

 
 

Soos vorige jare word die motorfietsrit gelei deur dr. André Hattingh (bo), hoof uitvoerende beampte en stigter van Pediatric Care Africa, op sy Harley Davidson Road King. Foto verskaf.

Louis Trichardt deel van vanjaar se Ride for a Child

Date: 25 January 2024 By: 

Op Sondag, 11 Februarie, begin Pediatric Care Africa hulle vyfde “Ride for a Child” liefdadigheid motorfietsrit reg rondom Suid-Afrika om fondse in te samel vir kinders wat operasies of mediese behandeling benodig wat hulle nie self kan bekostig nie. Vanjaar se rit gaan ook gepaard met ‘n wêreldrekord-poging.

Soos vorige jare word die motorfietsrit gelei deur dr. André Hattingh, hoof uitvoerende beampte en stigter van Pediatric Care Africa op sy Harley Davidson Road King. Hulle eerste oornag plek sal Louis Trichardt wees. Vanjaar sal hulle die mees noordelike, westelike, oostelike en suidelike dele van Suid-Afrika besoek om 'n simboliese sirkel rondom die kinders van Suid-Afrika te trek om vir hulle te wys dat ons omgee vir al ons kinders. 

Wat die wêreldrekord-poging betref, het Pediatric Care Africa alle motorfietsklubs in veral die Wes- en Oos-Kaap (maar ook enige klub wat kans sien) uitgenooi om op 24 Februarie by dr. André aan te sluit vir ‘n beplande massiewe massa rit wat plaasvind vanaf 50km voor die Caltex Mentors Plaza by Jeffreysbaai op die N2 na Stormsrivier en sal eindig by die Mentors Country Estate in Jeffreysbaai. Die naam van hierdie wêreldrekord poging is: “Ride for a Child”. Om hierdie rekord te vestig, is ‘n minimum van 4,500 motorfietse nodig om as een groep in formasie te ry, vir 50 km na Jeffreysbaai. Die rekordpoging sal formeel by RecordSetters in die VSA ingedien word. Die poging sal ook op verskeie televisiestasies uitgesaai word, insluitend in Australië.

Vir meer inligting oor die “Ride for a child” motorfietsrit, die roete wat gevolg gaan word en die wêreldrekord-poging, besoek https://www.pediatriccareafrica.org/

Vir meer inligting oor hoe om aan hierdie megageleentheid deel te neem, skakel Mandy by tel. 072 034 0544 of Pediatric Care Africa  se kantoor by [email protected] of tel. 076 229 5663. Bogenoemde webblad kan ook besoek word vir volle besonderhede en Quicket-skakel vir aanlyn betalings en bestellings.

 

 
 
 

Viewed: 1398

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT