ADVERTISEMENT:

 

 
 

Groot pryse vir grootste tiervis, baber of kurper

Date: 12 January 2024 By: Andries van Zyl

Die streek se baber-, tiervis- en kurperhengelaars kan hulself begin gereed maak vir ‘n lekker visvangkompetisie by die bekende Schrodadam by Mapungubwe op Saterdag, 27 Januarie, ten bate van die NG Kerk Blouberg-gemeente.

Die kompetisie duur van 05:15 tot 12:00 (hekke open om 05:00) en deelname kos R200 per boot, R250 per hengelaar, R150 per toeskouer en ‘n R100 vir kinders jonger as agt jaar. Die koste sluit ‘n ontbytpakkie en worsbroodjie in. ‘n Maksimum van 30 bote sal toegelaat word, met addisionele worsbroodjies wat teen R35 elk verkoop sal word.

Inweeg vind plaas vanaf 12:00 tot 12:30, met die prysuitdeling om 13:00. Eie koelbokse met drinkgoed, gazebo en stoele moet saamgebring word. Daar sal wel ‘n “splash pool” wees.

Pryse sluit in a naweekwegbreek, kontant en talle gelukkige trekkings. 

Inskrywings sluit op 23 Januarie. Vir inskrywings- en vrywaringvorm, skryf aan Coert by [email protected] of skakel hom by 082 464 1269 vir meer inligting.

 
 
 

Viewed: 1854

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT