ADVERTISEMENT:

 

 
 

Ruan Scheepers (links) van Louis Trichardt was die Speler van die Wedstryd tydens die eerstespan se wedstryd tussen Louis Trichardt en Letaba 1 die afgelope naweek in die semifinale van die provinsiale rugbyliga. Saam met Scheepers staan Attie Buitendag, bestuurder van die Limpopo Bulle. Foto verskaf.

Tafel gedek vir ‘n opwindende rugby finaal

Date: 14 July 2023 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste en tweede rugbyspanne het vir hulself ‘n tuisveld-finaal verseker deur onderskeidelik 59-0 en 52-0 af te reken met hulle opponente in die semifinale ronde van die provinsiale rugbyliga op Saterdag, 8 Julie, op Louis Trichardt.

Louis Trichardt se eerstes het in hulle kragmeting te staan gekom teen Letaba 1 en het van meet af aan in hulle opponente se helfte geboer. Die tuisspan het vyf keer agter die doellyn gedraai in die eerste helfte, met twee drieë elk deur JP Vermeulen en Ruan Scheepers en een deur Louis Fourie, terwyl Fourie ook met die skopskoen punte aangeteken het vir ‘n halftyd-telling van 33-0.

Louis Trichardt se segetog het gedurende die tweede helfte voortgeduur, met drie drieë deur Rasenge Kubayo en ‘n drie elk deur Duncan Moodie en Ruan Scheepers. Fourie het ook weer punte met die skopskoen aangeteken, vir ‘n eindtelling van 59-0 in Louis Trichardt se guns.

Die dorp se eerstes se oorwinning is voorafgegaan deur die dorp se tweedespan, wat hulle opponente, Noordelikes 2 van Polokwane, kafgedraf het. Nes die eerstespan het hulle halftyd ‘n voorsprong van 33-0 gehad, met drieë deur Walter Pretorius, Gibias Mavenyengwa, Ruan van Tonder, Julius Kemp, Karabo Muofhe en bydraes met die skopskoen deur Kemp en Mavenyengwa.

So was die tweedes se tweede helfte feitlik ‘n bloudruk van die eerstespan se tweede helfte met drieë deur David Mandiwana, Martin Theunissen en Khuliso Nematshavhawe, en Kemp wat weer suksesvol die bal deur die pale gestuur het vir ‘n eindtelling van 52-0.

Met die dorp se eerste- en tweedespanne wat tans sorg vir kookwater rugby, is die tafel gedek vir ‘n opwindende finaal in die liga, weereens op Louis Trichardt se tuisveld op Saterdag, 15 Julie. Die tweedes sal om 15:00 op die veld draf teen Kruinies se tweedes, waarna die hoofwedstryd van die dag om 16:30 sal afskop tussen Louis Trichardt 1 en Potties 1.

Soos met die semifinale word die Soutpansberg se rugbyliefhebbers uitgenooi om Saterdag hulle tuisspanne te kom ondersteun. Toegang beloop R40 per voertuig by die hek en eetgoed, asook ‘n kontantkroeg, sal beskikbaar wees.

 

 
 
 

Viewed: 1468

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT