ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt se eerste rugbyspan wat Saterdag, 8 Julie, op hul tuisveld te staan kom teen Letaba 1 in die semifinale ronde van die provinsiale rugbyliga. Foto verskaf.

Groot rugby op die spyskaart vir Saterdag

Date: 07 July 2023 By: Andries van Zyl

Groot rugby is Saterdag, 8 Julie, op die spyskaart, met die Louis Trichardt Rugbyklub wat as gasheer sal optree vir die semifinale wedstryde in die Noordstreek.

Die dag se verrigtinge skop om 14:00 af wanneer die tweedespanne van Kruinies en Potgietersrus Rugbyklub op die veld sal draf. Om 16:00 kom Louis Trichardt se tweedes te staan teen Noordelikes 2, waarna Potgietersrus en Kruinies se eerstes mekaar om 18:00 sal pak. Die hoofwedstryd van die dag is tussen Louis Trichardt en Letaba se eerstespanne, met die wedstryd wat om 20:00 sal afskop. Wat die derde liga betref, is Noordelikes 3 reeds amptelike wenners en die Universiteit van Limpopo in die reserwe liga.

Louis Trichardt en omstreke se rugbyliefhebbers word uitgenooi om in groot getalle op te ruk en die dag se wedstryde te kom ondersteun. Eetgoed sal te koop wees, en ‘n kontantkroeg is beskikbaar. Toegang by die hek beloop R40 per voertuig.

 

 
 
 

Viewed: 1826

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT