ADVERTISEMENT:

 

 
 

Afgeneem (voor, van links na regs) tydens Saterdag se geleentheid is Bigboy Nefale, Pieter Pretorius en Kanakana Manwadu. Agter staan Ferreira Nel, Graig Whitcomb (spreker), Genius Katekwe, Fhatuwani Moses Modau, Keagan Truter en Karla van Zyl. Afwesig tydens die neem van die foto was Casper Mcdonald en Kudakwashe Madzima. Foto verskaf.

Tien langasems van Soutpansberg durf Comrades aan

Date: 09 June 2023 By: 

Die Soutpanberg Atletiekklub stuur vanjaar weer ‘n groot groep sterk atlete om aan die 96ste Comrades Maraton eerskomende Sondag, 11 Junie, te gaan deelneem.

Vanjaar se Comrades word gehardloop vanaf Pietermaritzburg na Durban in KwaZulu-Natal. Onder die atlete staan dit bekend as ‘n “down run”. Tien atlete van die Soutpansberg Atletiekklub sal vanjaar deel wees van die 20 000 atlete wat Sondagoggend douvoordag sal wegspring. Hierdie atlete het Saterdag, 3 Junie, bymekaar gekom vir ‘n geselligheid en praatjie oor wat om te verwag deur atleet Craig Whitcomb van Levubu, wat al 12 keer die Comrades Marathon gehardloop het.

 
 
 

Viewed: 1911

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT