ADVERTISEMENT:

 

 
 

In die 35 km-wedren het Jacques du Preez (links) en André van Ree (regs) onderskeidelik tweede en derde geëindig. Hulle was ook onderskeidelik tweede en eerste in hulle ouderdomskategorieë. Foto verskaf.

Podium plekke vir jong trappers by Miami Magoebaskloof-wedren

Date: 02 June 2023 By: Andries van Zyl

Louis Trichardt se jong trappers het hulle goed van hulle taak gekwyt tydens die Miami Magoebaskloof Bergfietswedren wat die afgelope naweek beslis is. Hul prestasies is veral besonders gesien in die lig van uiters moeilike omstandighede waarin hulle gery het. Die baan was baie nat en modderig en heelparty deelnemers het hard met die grond kennis gemaak.

In die 35 km-wedren het twee plaaslike trappers gepronk, met Jacques du Preez van Hoërskool Louis Trichardt wat algeheel tweede en die jong André van Ree van Laerskool Louis Trichardt wat algeheel derde geëindig het. Dié wedren is gewen deur Willie Willemse (jnr.) in ‘n tyd van 01:31:57. Hy was ook die eerste junior seun tuis. Buiten sy algehele tweede plek was Jacques ook die tweede junior seun in ‘n tyd van 01:35:04. André was op sy beurt ook die eerste sub-junior seun oor die eindstreep, ook met ‘n tyd van 01:35:04, nadat Jacques net-net voor hom kon klaarmaak.

Nog ‘n podium plek het gegaan aan die jong Thabo Mulaudzi, wat vir Hoërskool Louis Trichardt ry en ‘n algehele tweede plek ingepalm het in die Youth-afdeling in ‘n tyd van 01:43:21. Ander ryers van Hoërskool Louis Trichardt wat deelgeneem het (almal in die junior afdeling vir seuns) was Marco Nortjé (6de) en Nduvho Mudugwe (8ste).

Heelwat van Louis Trichardt se ouer fietsryers het ook deelgeneem. Hier het Pierre du Preez met ‘n podium plek gepronk deur derde te eindig in die meestersafdeling van die 35 km-wedren in ‘n tyd van 02:06:26. Ook in die meestersafdeling was Stanley Thompson 6de, Flippie Greyling 7de en Frikkie de Jager 11de.

In die grootmeestersafdeling het Anna Cartwright vir haarself ‘n sewende plek losgetrap.

 

 
 
 

Viewed: 2204

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT