ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Sewe-paaltjie oorwinning vir Strikers oor Warriors

Date: 01 June 2023 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Krieketklub het Sondag, 28 Mei, voortgegaan met hulle tweede 20-beurt liga van die jaar met ‘n wedstryd tussen die Warriors en Strikers op die Louis Trichardt Ovaal.

Die Warriors het eerste ingegaan om te kolf en het 133 lopies vir die verlies van agt paaltjies in hulle toegelate 20 beurte aangeteken. Die span se kolwers het maar ietwat stadig begin, met drie paaltjies plat met die telling op slegs 20 lopies. Dubbelsyfer-bydraes deur kolwers Jacques Burger (12), Werner van Horzten (12), Hassan Diwan (20), Johan Jacobs (16), Louis Steyn (22) en Nico van der Westhuizen (24) het egter die span ‘n vegkans gegee.

Vir die Strikers het Riaan Gerber uitgestaan met ‘n boulontleding van twee paaltjies vir die verlies van slegs 14 lopies in sy vier beurte (2/14/4). Fahaan Khoja en Dirk van den Berg het elk ook twee paaltjies platgetrek met boulsyfers van 2/29/4 en 2/22/3.

Strikers se kolwers wou duidelik nie tyd mors in hulle kolfkampies nie, met openingskolwer Dirk van den Berg wat ‘n vinnige 40 lopies aangeteken het en spanmaat Gerhard Dreyer met ‘n ewe vinnige 45 lopies. Christo Boshoff het ook dubbelsyfers (20 lopies) aangeteken, met Strikers wat die wentelling in die 15de boulbeurt aangeteken het om ‘n sewe-paaltjie oorwinning in te palm met ‘n telling van 136/3.

Vir die Warriors het Johan Jacobs, Hassan Diwan en Werner van Horzten elk een paaltjie geneem.

Eerskomende Saterdag, 3 Junie, kom LTT Academy teen Limpopo om 14:00 te staan op die Louis Trichardt Ovaal en op Sondag, 4 Junie, speel Limpopo om 10:00 teen die NTT Vikings. Toeskouers is welkom.

 

 
 
 

Viewed: 2157

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT