ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt se eerste rugbyspan kort ná hulle 86-0 oorwinning oor Noordelikes op Saterdag, 20 Mei, op Louis Trichardt. Foto verskaf.

Louis Trichardt mors met Noordelikes

Date: 26 May 2023 By: Andries van Zyl

Die afgelope naweek het die Louis Trichardt Rugbyklub se spanne behoorlik die “vloer gevee” met Noordelikes van Polokwane.

Te midde van die koue misweer Saterdag, 20 Mei, het Louis Trichardt se manne die veld aan die brand gespeel in hulle tuiswedstryde teen die manne van Polokwane.

Eerste aan beurt was Louis Trichardt se derdes, wat Noordelikes 38-7 in die stof laat byt het. Louis Trichardt se Lawrence Matongo het hier weggestap met die Speler van die Wedstryd-toekenning.

As die toeskouers gedink het die derdespan se oorwinning was ‘n wegholoorwinning, het die tweedespan se wedstryd hulle beslis verkeerd bewys. Hier het Louis Trichardt se manne hulle eweknieë van Polokwane met 73-7 vermorsel, met Louis Trichardt se Mpho Nekhumbe wat as Speler van die Wedstryd aangewys is.

Louis Trichardt se eerstes het egter die beste vir laaste gehou met ‘n ongelooflike en ongehoorde 86-0 wen teen Noordelikes. Hierdie was die Speler van die Wedstryd Louis Trichardt se Solly Mukhuthu.

Eerstespan afrigter en ondervoorsitter van die Louis Trichardt Rugbyklub Pieter Viljoen was baie beïndruk met die klub se vertoning en het plaaslike rugbyliefhebbers uitgenooi om die klub te kom ondersteun tydens hulle volgende tuisveld-ligawedstryde teen die Potgietersrus Rugbyklub op Saterdag, 3 Junie. Die derdes se wedstryd skop om 15:00 af, met die tweedes wat om 16:30 op die veld sal draf. Die hoofwedstryd van die dag tussen die twee dorpe se eerstespanne begin om 18:00. Toegang by die hekke beloop R40 per voertuig.

Eerskomende naweek sal die Louis Trichardt manne na Musina reis vir hulle volgende ligabepalings. Die tweedes skop om 16:00 af en die eerstes om 17:30.

 

 
 
 

Viewed: 3592

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT