ADVERTISEMENT:

 

 
 

Xhoë Smit (regs) van Hoërskool Louis Trichardt se o.15-hokkiespan, afgeneem tydens hulle wedstryd teen Potties verlede Saterdag, 6 Mei. Triegies het 3-0 gewen. Foto verskaf.

Triegies se wintersportprogram goed op dreef

Date: 18 May 2023 By: Karla van Zyl

Ná afloop van Saterdag (13de) se wegwedstryde teen Hoërskool Nylstroom en Hoërskool Frikkie Meyer, het Hoërskool Louis Trichardt se hokkiemeisies rede om te spog. In vier van die wedstryde is Triegies aangewys as Speler van die Wedstryd.

Triegies se o.14-span het beide hulle wedstryde die dag teen die twee skole 1-0 gewen, met Chrizette Odendaal wat Speler van die Wedstryd was ná hul kragmeting teen Frikkie Meyer. Die o.15’s speel onderskeidelik 0-0 en 1-1 gelykop, met Shangi Shivuri wat Speler van die Wedstryd was in die Nylstroom kragmeting.

Die o.16’s het 4-0 gewen teen Nylstroom en hier isMia le Roux as Speler van die Wedstryd aangewys. Triegies het ook 0-0 gelykop teen Frikkie Meyer gespeel, met Amelia Scheepers wat Speler van die Wedstryd was.

Triegies se eerstespan het 0-0 gelykop gespeel teen Nylstroom, maar 1-2 verloor teen Frikkie Meyer. Die skool se tweedespan het ook naelskraap hulle stryd teen Nylstroom 0-1 verloor.

Slegs ‘n week van tevore (6de) het Triegies tuis te staan gekom teen Hoërskool Piet Potgieter, waartydens die o.14's 4-0 gewen, die o.15's 3-0 gewen, die o.16's 0-0 gelykop gespeel en die eerstes 2-0 gewen het. Slegs die wedstryde teen Potties is deel van die liga waarin Triegies deelneem.

Hoërskool Louis Trichardt se rugbymanne het ‘n harde naweek agter die rug, met nog ‘n ligawedstryd teen Hoërskool Nylstroom wat plaasgevind het. Alle wedstryde is op Nylstroom gespeel, met die o.14's wat 17-12 gewen en die o.15's wat 12-17 verloor het. Die o.16’s kon sleg 3 punte teenoor 57 aanteken, terwyl die eerstes 24-22 gewen het.

Die rugbymanne het ook ‘n week vantevore teen Hoërskool Piet Potgieter uitgedraf op Triegies se tuisveld. Die o.14's het 20-5 en die o.15's het 36-07 gewen, die o.16's het 22-27 verloor en die eerstes het 26-10 gewen.

 

 
 
 

Viewed: 4078

 

 
 

Karla van Zyl

Karla van Zyl joined the newspaper team in February 2021 as a junior intern.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT