ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Wyle Marcelle Maritz (59). Foto: Vryheidsfront Plus Facebook.

Skok ná skielike dood van VF Plus Limpopo leier

Date: 10 October 2024 By: 

Die VF Plus het die afgelope week met skok en leedwese die skielike afsterwe van Marcelle Maritz, lid van die provinsiale wetgewer en die party se provinsiale leier in Limpopo, aangekondig. Maritz is verlede Vrydag, 4 Oktober, in die ouderdom van 59 jaar oorlede.

“Marcelle was wyd bekend in Limpopo en haar afsterwe is nie net ’n verlies vir haar geliefdes en familie nie, maar ook vir die VF Plus en haar gemeenskap, wat sy onbaatsugtig en met groot ywer gedien het,” skryf VF Plus leier Dr Pieter Groenewald in ‘n verklaring.

Maritz was sedert 2019 die VF Plus se leier in Limpopo en was bekend as ’n hardwerkende lid van die provinsiale wetgewer.

“Die boeregemeenskap het haar veral na aan die hart gelê en daar was bykans nie ’n enkele plaasmoord of -aanval in Limpopo waar sy nie die slagoffers of hul naasbestaandes besoek het nie. Net so het sy met groot ywer en deernis hospitale besoek en het groot meegevoel getoon vir mens en dier wat in nood en lyding verkeer het,” het Groenewald gesê.

Marcelle sal onthou word as iemand wat waarlik in diens van haar gemeenskap gestaan het en vir hulle gewerk het. Sy laat ʼn groot leemte.

“As leier van die VF Plus wil ek persoonlik ook my medelye aan haar geliefdes en familie oordra en hulle sterkte toewens. Mag hulle vertroosting vind in ons Hemelse Vader,” het Groenewald gesê.

‘n Roudiens vir wyle Maritz vind Vrydag, 11 Oktober, om 14:00 op Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane se A-veld plaas.

 

 
 
 

Viewed: 601

 
 

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Alliance Fuel's TV giveaway creates unforgettable moments for lucky customers

After weeks of excitement and anticipation, Alliance Fuel announced the winners of their TV Giveaway competition. “A huge thank you to everyone who participated - you made this giveaway bigger and better than we ever imagined,” said the marketing team.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT