ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Wyle oom Willem Oosthuizen (92). Foto verskaf.

Oom Willem van Ons Tuiste oorlede

Date: 10 October 2024 By: 

’n Finale eerbetoon is verlede Donderdag, 3 Oktober, gebring aan wyle oom Willem Johannes Oosthuizen wat op 27 September in die ouderdom van 92 jaar by Ons Tuiste Ouetehuis op Louis Trichardt oorlede is. ’n Roudiens is vir hom gehou in die tehuis se siekeboeg se sitkamer.

Wyle oom Willem en sy eggenote, die 87-jarige tannie Marie, het in 2023 vanaf die Koraal Aftreeoord in Polokwane na Ons Tuiste gekom. Die egpaar was 68 jaar getroud en baie gelukkig saam gewees. In ‘n aandoenlike vaarwel boodskap aan haar man, skryf tannie Marie in die begrafnisbrief die volgende: “My liefste Willem. Jy was my enigste skattebol en ek jou Meraaitjie. Jy was my alles en ek weet nie hoe ek sonder jou gaan voortgaan. Ek mis jou … Jou Meraaitjie.”

Die roudiens is gelei deur ds. Jan Pretorius van die NG Kerk Moedergemeente. “Uit die ketting van ons liefde is ’n kosbare skakel weggeneem. Met hartseer neem ons afskeid van ons geliefde Willem in die ouderdom van 92 jaar, ’n wonderlike man, oom en vriend. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk, vir dié wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is. Hy genees dié wat gebroke is van hart en verbind hulle wonde. Die liefdevolle herinneringe wat ons het sal ons koester en altyd vasklou aan,” het oom Willem se begrafnisbrief verder gelees.

Oom Willem word oorleef deur sy bedroefde eggenote, familie en vriende. “Baie dankie aan Ons Tuiste vir sy versorging op sy laaste,” het die familie gesê.

 

 
 
 

Viewed: 626

 
 

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Alliance Fuel's TV giveaway creates unforgettable moments for lucky customers

After weeks of excitement and anticipation, Alliance Fuel announced the winners of their TV Giveaway competition. “A huge thank you to everyone who participated - you made this giveaway bigger and better than we ever imagined,” said the marketing team.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT