ADVERTISEMENT:

 

 
 

'n Foto van die onlangse verwoestende brande op Levubu. Foto verskaf.

TLU SA neem steeds bestek van koue- en brandskade

Date: 25 July 2024 By: 

Ná die verwoestende swartryp sowat drie weke gelde en ewe verwoestende brande net daarna het ‘n vergadering plaasgevind tussen TLU SA Noord/Limpopo en die pas-aangestelde hoof van die provinsiale rampbestuursentrum in die provinsie, dr. Takie Makananisa. Die vergadering het op 17 Julie plaasgevind.

Beide die voorsitter van TLU SA Noord/Limpopo, mnr. Henk van de Graaf, en  Makananisa het ná afloop daarvan gesê dat die vergadering baie vrugbaar was en het die basis gelê het vir ‘n goeie en volhoubare werksverhouding tussen die departement en TLU SA Noord/Limpopo.

Alhoewel TLU SA Limpopo steeds inligting ontvang rakende die werklike omvang van die skade, kon die syfer van meer as R1,3 miljard rand reeds aan Makananisa deurgegee word, wat dit op sy beurt aan die nasionale rampbestuursentrum, asook die betrokke ministers, sal deurgee. “Ons moet egter besef dat ons nog geensins alle verslae gekry het nie, en dat hierdie syfer nog drasties kan styg, namate die finale verliese as gevolg van die swartryp en brande bereken word,” het Van de Graaf in ‘n verklaring ná afloop van die vergadering gesê.

Volgens Van de Graaf het Makananisa intense belangstelling in die landbou getoon en gesê sy departement erken die draad na voedselsekerheid ná die onlangse uiterste rampe in die provinsie, en het die versekering gegee dat hy die kwessies wat geopper is ernstig opneem. Van de Graaf het gesê Makananisa erken TLU SA Limpopo se kritieke rol in die landbou en hul rol in voedselsekerheid en Makananisa het gesê dat hy positief is oor die brug wat nou tussen die departement en TLU SA Limpopo gevestig word. Opvolggesprekke sal binnekort plaasvind, waarby ander rolspelers in die Limpopo regering betrek sal word.

“Intussen wil ons steeds ‘n beroep doen op alle boere in die provinsie (nie slegs TLU SA-lede nie) om skadeverslae deur te gee aan die provinsiale bestuurder, mnr. Danie Prins, by [email protected] of per WhatsApp na 072 904 7070, sodat dr. Makananisa en sy departement deurlopend op hoogte gehou kan word,” het Van de Graaf gesê.

Ter afsluiting het Van de Graaf gesê wat ook uiters belangrik is, is dat boere wat in finansiële verknorsing beland het as gevolg van hierdie rampe, onmiddellik met hul finansiële instellings kontak maak en oop kaarte speel oor die omvang ten einde oplossings te vind. “Elke plaas is ‘n eie besigheidsentiteit en sal as sodanig hanteer word. TLU SA het al die versekering van finansiële instellings gekry dat hulle boere graag wil help, maar dat dit belangrik is dat hulle so vroeg moontlik hulle probleme met hulle kom bespreek,” het Van de Graaf gesê.

 

 
 
 

Viewed: 876

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

McDonald’s Suid-Afrika loods hul “Ken Ons Kos” veldtog

Advertorials: 12 July 2024

McDonald’s Suid-Afrika het ‘n veldtog geloods wat daarop gemik is om verbruikers meer te vertel oor die kwaliteit van hul voedselprodukte, asook die klem wat die maatskappy plaas op volhoubare produksie en etiese werkswyses by verskaffers.

ADVERTISEMENT