ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die toe 36-jarige Johan van Rooyen in die hospitaal kort nadat Nel hom aangerand het. Foto verskaf.

Nel skuldig aan aanranding met die doel om ernstig te beseer

Date: 28 June 2024 By: Andries van Zyl

Die 28-jarige Lehan Nel is verlede Donderdag, 20 Junie, in die hof op Louis Trichardt skuldig bevind op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die saak teen hom hou verband met ‘n voorval waartydens ‘n werknemer van NTT Isuzu op Louis Trichardt ernstig aangerand is tydens die handelaarskap se jaareindfunksie by die Lalapanzi Hotel op 19 November 2022.

Nel is daarvan aangekla dat hy die werknemer, mnr. Johan van Rooyen (38), so ernstig aangerand het dat Van Rooyen gehospitaliseer moes word en vir ‘n geruime tyd mediese behandeling moes ontvang. Vir dié daad is Nel ‘n boete van R5,000 opgelê of drie maande gevangenisstraf, waarvan die helfte van sy vonnis opgeskort is twee jaar, op voorwaarde dat Nel homself nie weer aan aanranding of ‘n soortgelyke geweldsmisdaad skuldig maak nie.

“Dit het beteken dat hy [Nel] nou R2,500 boete moes betaal of drie maande tronk toe moes gaan, maar hulle gaan betaal,” het mnr. Ronnie van Niekerk, ‘n privaatondersoeker wat namens die Van Rooyen-familie opgetree het, kort ná die vonnis gesê.

Van Niekerk het gesê hy ag die vonnis as billik. “Hy het nie ‘n kriminele rekord gehad tot voor sy skuldigbevinding nie en hy is ‘n eerste oortreder. Ek dink die hof het hom baie tegemoet gekom wat dit betref," het Van Niekerk gesê. Die hof het Nel nie onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit nie, omdat geen wapen gebruik is in die aanranding nie.

Volgens Van Niekerk sal Nel se vonnis voortaan geweldig teen hom tel. “Hy sal byvoorbeeld nie ‘n visum kan kry as hy oorsee wil gaan nie, want sy kriminele rekord gaan teen hom tel. Ek dink as hy vorentoe aansoek doen vir wapenlisensies, gaan hy baie moeilik regkom omdat hy ‘n kriminele rekord het. Maar die landdros het ook vir hom gesê hy hoop die man [Nel] het nou sy les geleer,” het Van Niekerk gesê.

 Johan en sy vrou Liana het van hulle kant af gesê hulle is bly die kriminele saak is verby. “Van ons kant af wil ons net dankie sê aan elke liewe persoon wat ons bygestaan het in hierdie moeilike tyd, so ook ons ouers,” het die Van Rooyens gesê. Hulle het ook ‘n spesiale woord van dank gerig aan Van Niekerk, wat hulle saak vanaf die begin tot by Nel se skuldigbevinding hanteer het.

 

 
 
 

Viewed: 999

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT