ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die WhatsApp-boodskap aan Cameron waarin die swendelaars openlik vra vir omkoopgeld.

Moenie val vir hierdie 'munisipale' betalingslenter nie

Date: 28 June 2024 By: Andries van Zyl

Inwoners van Louis Trichardt en omstreke word gewaarsku dat ‘n nuwe slenter tans die ronde doen. Persone wat moontlik agterstallig is met hulle munisipale rekenings word geteiken en gevra om omkoopgeld te betaal om te verhoed dat hulle elektrisiteitstoevoer afgesny word.

Inwoner Alex Cameron vertel hoe hy verlede Vrydag, kort voor die naweek, ‘n WhatsApp-boodskap ontvang het van ene Rodwell Khumalo, onder die WhatsApp-naam “Head of Disconnection”.

In die boodskap identifiseer die persoon homself as ‘n werknemer van die Makhado Munisipaliteit en identifiseer ook Cameron se presiese huisadres. Die boodskap lui dat sy munisipale rekening agterstallig is en dat hulle binne twee ure by sy huis gaan wees om sy elektrisiteitstoevoer af te sny.

Cameron het in antwoord ‘n kennisgewing van betaling aan die ene Rodwell gestuur om te bewys dat sy rekening betaal is. “I have just received you proof of payment, but you have to understand that your account was flagged and we still have to continue with the mandate to disconnection,” was Rodwell se reaksie hierop. Wat dit betref het Cameron gevra wat hy kon doen om die proses te stop?

Rodwell se antwoord was wat Cameron ernstig snuf in die neus laat kry het. Cameron het ‘n boodskap ontvang wat aangestuur is van ‘n ander persoon wat by die slenter betrokke is. Die boodskap het gelees [sic] “Hi Rodwell I do understand but please explain to him that to avoid disconnection is a risky procedure for both of us . I will just need to give Mr Darrick the auditor and the guys in the ground something he can just send an e-wallet of R600 to 0712031258, You can write a report saying you did disconnection while you didn’t i will authorise it that will protect the account from being disconnection for 3 months …”

Cameron het dadelik na die Makhado Munisipaliteit gery om te gaan navraag doen. “Hulle het gesê dit was nie hulle nie, dit is ‘n slenter,” het Cameron gesê.

Cameron was ietwat ontsenu dat die swendelaars nie net sy naam en selfoonnommer gehad het nie, maar ook sy presiese adres en rekeningbesonderhede. Wat dit betref het hy ná sy besoek aan die munisipaliteit ook dadelik na die Makhado SAPD gery om die slenter aan te meld. “Hulle [die polisie] het vir my gesê ek het nie geld oorbetaal aan die swendelaars nie, so daar was nie diefstal of ‘n misdaad nie. Ek moet net die nommer blok en het nie nodig om ‘n saak te maak nie,” het Cameron gesê. Hieroor was Cameron se wind bietjie uit sy seile gehaal, aangesien hy gemeen het hy doen sy burgerlike plig om ‘n misdaad aan te meld. “Maar nou ja, ek het nie tyd gehad om die hele tyd daar rond te staan het. Ek het bestellings gehad om op te maak en geld om te maak,” het Cameron gesê.

Munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi is van die slenter ingelig en het inwoners gewaarsku om nie daarvoor te val nie. Hy het ook inwoners aangeraai om enige navrae oor hulle rekeninge direk aan die munisipaliteit te rig.

 

 
 
 

Viewed: 528

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT