ADVERTISEMENT:

 

 
 

Bekende plaaslike skrywer Nico Scheepers se nuutste bundel. Foto verskaf.

Nog inspirasie vloei uit skrywer Nico se pen

Date: 15 February 2024 By: Pétria de Vaal

Die streek se eie en alombekende Nico Scheepers maak weer so: hierdie keer is twee van sy toneelstukke deur Protea Uitgewers uitgegee.

Die bundel se naam is: “Een vir Een” en die twee solostukke “Rooivalk” en “Moedertaal” is daarin vervat. Albei speel af op die plaas in Limpopo waar Nico grootgeword het. “Dit is die rede waarom ek die twee stukke graag saam in een bundel wou hê,” sê Nico. Hy vertel opgewonde dat “Een vir Een” sy tweede publikasie is. Die eerste was: “Nêrens, Noord-Kaap” – ook deur Protea Uitgewers uitgegee.

Reeds in 2016 het “Rooivalk” die ATKV-mediaveertjie vir beste dramateks, asook drie kykNET Fiëstas – vir beste solovertoning, beste aanbieding en beste nuwe Afrikaanse teks gewen. Dit handel oor twee seuns se grootwordjare op ‘n plaas in Limpopo – ‘n plaas “tussen heinings”.

“Moedertaal”, met Sandra Prinsloo, word die hele land vol opgevoer, asook in Amsterdam. Dit handel oor een vrou se lewe - vol liefde, hartseer en geluk - met haar man en haar kind, van Louis Trichardt tot in Melkbosstrand. Dit is 'n bekorende verhaal oor woorde en wat van jou word as jy hulle verloor. Nellie kyk terug op haar lewe en vertel die verhaal van haar reis saam met haar man en seun.

Die Zoutpansberger het reeds voorheen berig oor Nico se prestasies en toekennings vir “Nêrens, Noord-Kaap” asook vir “Donkerbos” – wat tans op kykNET te sien is.

“Een vir Een” is verkrygbaar by Protea, asook by ander “lekker” boekwinkels – aldus Nico. Nico woon en werk tans in die Wes-Kaap.

 

 
 
 

Viewed: 871

 

 
 

Pétria de Vaal

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT