ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image

Man in hof oor baba by stiefdogter

Date: 14 March 2016 By: Isabel Venter

‘n Een-en-veertigjarige inwoner van Louis Trichardt word van bloedskande aangekla. Die man, ‘n bekende sakeman in die dorp, het Dinsdag hier in die Louis Trichardt Streekshof verskyn. Daar word aangevoer dat hy ‘n verhouding gehad het met sy stiefdogter en haar swanger gemaak het. Volgens die man se klagstaat het hy saam met die meisie geslaap gedurende Oktober 2014.

Die dogter het 'n maand tevore haar 16de verjaarsdag gevier. Dit is juis om hierdie rede dat die Staat besluit het om ‘n klag van statutêre verkragting te laat vaar en eerder ‘n klag van bloedskande te bring. In terme van die Wet op Seksuele Misdrywe en Verwante Aangeleenthede (Wysigingswet 32 van 2007), word ‘n stiefkind geag asof hy/sy die stiefouer se biologiese kind is. 

Intussen het die dogter geboorte gegee aan haar babatjie. Nie die man of die dogter kan in hierdie stadium geïdentifiseer word nie, omdat die man nog nie gevra is om te pleit nie.

Ná sy vlugtige hofverskyning is die man gewaarsku om weer op 15 Maart in die hof te verskyn, sodat die voorafverhoor se dokumentasie afgehandel kan word deur beide die Staat en die man se regsverteenwoordiger.

Die man is nie in aanhouding nie en is net gewaarsku om weer in die hof te verskyn. 

 
 
 

Viewed: 1611

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT