ADVERTISEMENT:

 

 

Find a story:

 
 

Generiese foto.

Duiwe sukkel teen wind vanaf Warrenton

Date: 05 September 2024 By: Andries van Zyl

Augustus se bekende noordewind het weereens die pad huis toe moeilik gemaak vir lede van die Hangklip (Hlp) en Soutpansberg (Spb) Posduifklubs se duiwe wat Saterdag op Warrenton losgelaat is in twee opewedvlugte oor 715 km. Die duiwe kon maar ’n gemiddelde spoed van slegs 900 meter per minuut behaal.

In die 14A-opewedvlug is 40 duiwe losgelaat, maar slegs die eerste 20 posisies word hier genoem. Die wedvlug word gewen deur RWJ & Mike Coetzee (Hlp), nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ’n gemiddelde spoed van 916.72 meter per minuut. Hulle was ook 12de en 14de. Marx Hokke (Spb) was 2de, 7de, 15de en 17de, Bezuidenhout Hokke (Hlp) 3de, 4de, 6de, 10de, 13de, 16de en 19de, Seun van Rensburg (Letaba) 5de, 11de, 18de en 20ste en Mieke & Mike Coetzee 8ste en 9de.

In die 14B-opewedvlug is 37 duiwe losgelaat. Ook hier word net die eerste 20 posisies genoem. Die wedvlug is gewen deur Bezuidenhout Hokke, nadat hulle wenduif die afstand voltooi met ’n gemiddelde spoed van 893.39 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 6de, 8ste, 9de, 12de, 14de en 16de. Marx Hokke was 3de, 4de, 7de, 10de en 13de, RWJ & Mike Coetzee 5de, Mieke & Mike Coetzee 11de en 15de en Louis Gossmann (Spb) 17de.

Wat die provinsiale punteleer in die streekkampioenskap betref, loop RWJ & Mike voor met 2,807 punte. Mieke & Mike is tweede met 2,802 punte en Bezuidenhout Hokke derde met 2,755 punte. In die streek se langpad-kampioenskap loop RWJ & Mike voor met 396 punte, met Bezuidenhout Hokke tweede met 392 punte en Marx Hokke derde met 386  punte. In die streek se ope-kampioenskap is Bezuidenhout Hokke eerste met 1,749 punte, Mieke & Mike tweede met 1,737 punte, gevolg deur RWJ & Mike derde met 1,721 punte.

Die komende naweek is die beplande wedvlugte vanaf Bloemhof, wat die laaste jaaroudwedvlug, asook die laaste middelpad-wedvlugte vir die seisoen is. Die afstand vir die Bloemhof-wedvlugte is 670km.

 

 
 
 

Viewed: 564

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

ADVERTISEMENT