ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Generiese foto.

Dorp se rugbymanne werk hard aan tuis halfeindstryd

Date: 05 July 2024 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Rugbyklub se eerste en tweede rugbyspanne loop tans redelik gemaklik voor op die provinsiale punteleer, met die klub se derdespan wat met een punt verskil ‘n tweede plek beklee.

“In hierdie stadium werk ons daaraan om vir ons ‘n tuis halfeindstryd te verseker, tensy ons nou regtig aanjaag,” het klubvoorsitter Brian du Plooy Maandag gesê.

Louis Trichardt se eerstes en tweedes sou Saterdag, 29 Junie, by Curro Heuwelkruin Hoërskool (Polokwane) teen Kruinies te staan kom in hulle volgende ronde wedstryde. “Maar Kruinies het punte gestuur. Blykbaar het hulle baie onderwysers wat weg was met skolesport … Potties se eerstes het blykbaar met ‘n punt teen Letaba gaan staan en verloor, so dit tel alles in ons guns tans,” het Du Plooy gesê.

Louis Trichardt se eerstes is tans met 35 punte bo-aan die provinsiale punteleer. Nege punte agter hulle is Letaba 1 met 26 punte, gevolg deur Potgietersrus 1 met 24 punte en Noordelikes 1 en Kruinies 1 vierde en vyfde, beide met 12 punte. Messina 1 beklee die laaste plek op die punteleer met geen punte na sewe wedstryde nie.

Louis Trichardt 2 loop op hulle beurt ook met ‘n nege-punte voorsprong voor met 45 punte teenoor Potgietersrus 2 se 36 punte in die tweede posisie. In hierdie liga vaar Messina 2 heelwat beter en lê derde op die punteleer met 26 punte. Noordelikes 2 het 23 punte, gevolg deur Nkowankowa 1 met 14 punte, Letaba 2 met 12 punte, Kruinies 2 met 11 punte en die Universiteit van Limpopo laaste met een punt.

Wat die derde liga betref, loop Noordelikes 3 naelskraaps voor met 20 punte teenoor Louis Trichardt 3 se 19 punte. Derde is Blouberg met 10 punte, gevolg deur Potgietersrus 3 met 6 punte en Nkowankowa 2 met 1 punt.

Louis Trichardt werk egter nie net vir ‘n plek in die halfeindstryd nie of selfs die eindstryd nie. Nee, hulle droom groter. “As ons daarmee klaar is, moet ons in die Gold Cup gaan uitspeel tussen die suidelike en noordelike streek van Limpopo. Direk daarna begin die Gold Cup. Hopelik loop alles soos dit moet tot dan,” het Du Plooy gesê.

Wat opkomende kragmetings betref, kom Louis Trichardt se tweedes eerskomende naweek teen Nkowankowa 1 op die dorp se tuisveld te staan. Die wedstryd skop om 16:00 af. Die Saterdag daarop (13 Julie) sal Louis Trichardt se eerstes en tweedes hul opponente van die Messina Rugbyklub onthaal. Daarna volg nog ses rondes ligabepalings, met die halfeindstryde wat geskeduleer is vir Saterdag, 31 Augustus, en die eindstryd wat op Saterdag, 14 September, sal plaasvind.

 

 
 
 

Viewed: 2268

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Alliance Fuel's TV giveaway creates unforgettable moments for lucky customers

After weeks of excitement and anticipation, Alliance Fuel announced the winners of their TV Giveaway competition. “A huge thank you to everyone who participated - you made this giveaway bigger and better than we ever imagined,” said the marketing team.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT