ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Junedi en Limpopo maak korte mette van opposisie

Date: 13 October 2023 By: Andries van Zyl

Twee wedstryde is Saterdag, 7 Oktober, beslis in die volgende ronde kragmetings in die Louis Trichardt Krieketklub se plaaslike T10-liga.

In die eerste wedstryd van die dag het Junedi XI en die Strikers teen mekaar te staan gekom op die Louis Trichardt Ovaal. Junedi het ingegaan om eerste te kolf en 134 lopies vir die verlies van vier paaltjies (134/4) aangeteken, met dubbelsyferbydraes vanaf die kolf deur Imran Bhatia (11), Abid Manch (met ‘n mooi 53 nie uit nie lopies vanaf 21 balle), Irfan Junedi (16) en Umer Rana (45). Vir die Strikers het bouler Louis van Jaarsveld uitgestaan met ‘n boulontleding van drie paaltjies vir die verlies van 22 lopies in sy twee beurte (3/22/2). Paulo Piorek kon een paaltjie neem.

Strikers se kolwers het hulle reeds vroeg in hulle kolfbeurt op die agtervoet bevind met paaltjies wat reëlmatig geval het. Slegs FC Phillipson (10) en Louis van Jaarsveld (21) kon dubbelsyfers met die kolf aanteken en met die boul van die laaste bal in die Strikers se kolfbeurt het hulle telling maar op 53/9 gestaan, wat aan Junedi ‘n 81-lopie oorwinning besorg het. Vir Junedi was Umer Rana die mees ekonomiese bouler met syfers van 3/8/2. Dilawer Patel, Furkan Manch, Irfan Junedi en Imran Bhatia het elk een paaltjie ingeoes.

In die tweede wedstryd van die dag het Limpopo Melkery en Premjee kragte gemeet. Limpopo het ingegaan om eerste te kolf en ‘n skaflike 153/3 aangeteken in hulle kolfbeurt, danksy indrukwekkende kolfwerk deur Leon Olwage (43), Jean Phillips (53 nie uit nie) en Morné Olwage (42 nie uit nie). Vir Premjee het boulers Saad Kaba en Noshin Khota elk een paaltjie geneem.

Premjee se kolwers het dapper die teiken gejaag, met dubbelsyferbydraes vanaf die kolf deur Yasur Patel (15), Kauser Patel (14), Noshin Khota (12), Safwan Kaba (12) en Hafiji Shanawaz (34), maar hulle kon net 120/7 op die telbord plaas in hulle 10 beurte. Dit het aan Limpopo ‘n 33-lopie oorwinning besorg. Vir Limpopo het Brian Vermeulen 2/11/2 laat val, met Wynand Benade, Ricus Smit, Navid Patel en TG Fourie wat elk een paaltjie ingepalm het.

Met die provinsiale Premier-liga wat begin het, sal daar slegs Saterdag, 14 Oktober, weer twee wedstryde beslis word in die T10-liga wanneer Limpopo teen RCI en die Soutpansberg Killers teen Premjee te staan sal kom.

 

 
 
 

Viewed: 2220

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT