ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generiese foto.

Louis Trichardt struikel teen Aces

Date: 13 May 2021 By: Andries van Zyl

Louis Trichardt se eerste krieketspan het Sondag die wind van voor gekry in hul provinsiale Impala Premierligawedstryd teen die Nashua Aces in Polokwane.

Louis Trichardt het eerste gekolf, maar die lopies was maar skaars gewees, met die eerste vyf paaltjies wat vir slegs 16 lopies geval het. Slegs twee kolwers kon dubbelsyfers aanteken, naamlik FC Phillipson, in op nommer ses wat 17 lopies aangeteken het van 43 balle af, en Louis van Jaarsveld op nommer nege, wat 12 lopies van 22 balle aangeteken het. Louis Trichardt se laaste paaltjie het in die 26ste beurt geval met die telling op slegs 84 lopies. Dit het ingesluit 16 ekstras, almal wydlopers, wat deur Aces se boulers geboul is.

Met so ‘n lae lopietelling spreek dit vanself dat Aces se boulers almal redelik ekonomies met die bal was. Die span se ster bouler was Justyn Trueman, wat drie paaltjies laat kantel het vir die verlies van slegs 11 lopies in vyf beurte. Michael Mashlaba het twee paaltjies ingeoes vir die verlies van slegs agt lopies in 2,3 beurte, terwyl Jeandre du Plessis ook twee paaltjies gevat het, maar vir die verlies van 31 lopies in sewe beurte. Louis Botha en Schalk Pyper het elk een paaltjie vir hul span gevat.

Die Aces kolwers het goed weggespring, met openingspaar Innocent Rabakli en Justyn Trueman wat onderskeidelik 23 (31 balle) en 11 (18 balle) lopies met die kolf aangeteken het. Dubbelsyfers van 15 lopies vanaf 22 balle is ook aangeteken deur Ivan Reyneke, in op nommer vyf. Aces het die lopieteiken in slegs 17,3 beurte verbygesteek met ‘n telling van 87 lopies vir die verlies van ses paaltjies, wat aan hulle ‘n vier-paaltjie oorwinning besorg het. Hulle wentelling het 28 ekstras, waarvan 21 wydlopers was, ingesluit.

Vir Louis Trichardt was Jandré Hancke, FC Phillipson en Vimal Shah die suksesvolste met die bal. Vimal het geëindig met syfers van twee paaltjies vir die verlies van nege lopies in 3,3 beurte, terwyl FC twee paaltjies gevat het vir die verlies van 17 lopies in vyf beurte. Jandré het twee paaltjies vir die verlies van agt lopies in twee beurte laat kantel.

Eerskomende Sondag, 16 Mei, sal Louis Trichardt tuisveld voordeel geniet tydens hulle wedstryd teen Giyani.

 

 
 
 

Viewed: 1214

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT