Eerste plekke vir Nico en TE

Date: 05 September 2019 By: 

Viewed: 959

Die Hanglip Posduifklub het die afgelope naweek deelgeneem aan twee opewedvlugte vanaf Wolmaransstad. Die eerste tien posisies in elke wedvlug word telkens genoem.

In die 15A-opedvlud was dit Gerhard Bezuidenhout wat met die louere weggestap het, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1465.43 meter per minuut. Hy was ook 3de, 5de en 9de. TE Smit was 2de, Julius Pienaar 4de en 7de, RWJ & Mike Coetzee 6de en 8ste en Nico Bezuidenhout 10de.

In die 15B-opewedvlug was dit TE Smit wat kon spog met ‘n eerste plek, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1511.91 meter per minuut. Hy was ook 5de en 6de. Nico was 2de en 9de, Sekelbos Hokke 3de, Ben & Marian Pienaar 4de, Mieke & Mike Coetzee 7de en RWJ & Mike Coetzee 8ste en 10de.

Eerskomende Saterdag meet die klublede kragte in wedvlugte vanaf Theunissen oor 'n afstand van ongeveer 680km.

 
 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 

Email: 

 
 

More photos...