Nuwe bestuur vir rugbyklub

Date: 01 November 2018 By: Andries van Zyl

Viewed: 398

Die Louis Trichardt Rugbyklub het Vrydag, 26 Oktober, hulle jaarlikse prysuitdelingsfunksie en algemene jaarvergadering gehou.

“Ons wil weereens vir al ons borge van 2018 dankie sê vir julle ondersteuning. Ons hoop ons sien julle weer vir die 2019 seisoen. Ons borge was Thompson's Motors, Premjee Cash & Carry, Soutpansberg Spar, Palm Motors en Vhavenda Bricks,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê.

Gilbert is tydens die algemene jaarvergadering herverkies as voorsitter van die klub. Brian du Plooy is gekies as ondervoorsitter, met Pieter Viljoen as klubkaptein. Quentin Thompson en Bertie Swanepoel sal optree as tesouriers, met Louwtjie Botes as spanbestuurder. Die klubsekretaresse is Charlotte Pita met Danie Pita as hoofafrigter.

 
 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

Email: andries@zoutnet.co.za

 
 

More photos...