ADVERTISEMENT:

 

 
 

Praktiese skietklub vir dorp en omstreke gestig

Date: 26 August 2018 By: Andries van Zyl

Louis Trichardt en omstreke spog nou met hulle eie praktiese skietklub, met die stigting van die Schyffontein Praktiese Skietklub.

Die skietklub is Dinsdagaand tydens ‘n stigtingvergadering in die Fransie Vermaaksaal in die lewe gebring.

Die doel van die klub sal wees om die skietsport binne die raamwerk van die International Practical Shooting Confederation (IPSC) en die South African Practical Shooting Association (SAPSA) te bevorder, asook om die skietsport binne die raamwerk van die twee organisasies bekend te stel, wat vuurwapens insluit soos handwapens, haelgewere en gewere. Persone wat op nasionale vlak en internasionale vlak wil gaan meeding, moet onderskeidelik by die IPSC and SAPSA geregistreer wees. Die klub bied egter ruimte vir diegene wat net vir die pret of as familie die sportsoort wil beoefen, sonder om by bogenoemde organisasies te affilieer.

Praktiese skiet behels die skiet van verskuilde en bewegende teikens, asook valplate, in ‘n geslote baan. Dit moet gebeur teen tyd en algehele puntetelling. Daar is reeds bane waar geskiet kan word op die plaas Schyffontein (vandaar die naam), sowat ses kilometer uit op die Bluegumspoort-pad.

Die voorlopige bestuurskomitee wat tydens Dinsdagaand se vergadering verkies is, wat goed ondersteun is deur lede van die publiek, is Bez Bezuidenhout as voorsitter, Frik Kroukamp as ondervoorsitter, Wiann Bezuidenhout as tesourier en Karen Bezuidenhout as sekretaresse.

Vir meer inligting oor die klub en hoe om betrokke te raak, skakel Bez by tel. 082 414 8474.

 
 
 

Viewed: 810

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT