ADVERTISEMENT:

 

 
 

Wyle tannie Sêrah Badenhorst. Foto verskaf.

Tannie Sêrah sal onthou word vir haar liefde

Date: 26 November 2021 By: 

Inwoners van Levubu en Louis Trichardt het met groot hartseer verneem van die dood van die welbekende tannie Sêrah Badenhorst op 13 November in die ouderdom van 83 jaar.

Gebore op 8 April 1938, het tannie Sêrah haar skoolloopbaan saam met Jan Badenhorst, met wie sy later sou trou, op Louis Trichardt voltooi. Sy het 'n groentewinkel in Louis Trichardt bedryf vir baie jare en toe haar jongste dogter tragies oorlede is in 'n motorongeluk, het sy en Jan die drie kleinkinders (Johan, Lizel en Sue-Marie) aangeneem en grootgemaak.

Tannie Sêrah sal onthou word as ‘n vrou met vele talente, hardwerkend en haar liefde vir almal. “Sy was ‘n voorbeeld vir haar familie en vriende,” het haar familie gesê.

Tannie Sêrah het nieteenstaande baie swaarkry en hartseer in haar eie lewe altyd gelag en nooit ‘n lelike woord van enige iemand gesê nie. “Sy was sterk in haar geloof en ‘n voorbeeld vir ons almal. Almal wat haar geken het, gaan haar baie mis, maar ons weet ook dat sy nou by haar rusplek is waar daar geen swaarkry, pyn en lyding is nie,” het die familie gesê.

Die familie het hulle opregte dank uitgespreek teenoor almal wat hulle ontferm het oor tannie Sêrah tydens haar mooi lewe, veral in die laaste vier maande wat sy baie swaar gekry het. “Elke drukkie, bemoedigende woord, gebed, en ‘n besoekie word hoog op prys gestel. Dankie ook aan elkeen se bydrae wat ‘n verskil aan haar omstandighede gemaak het die laaste tyd. Ons as familie sal dit altyd onthou. Die Here seën julle,” het die familie gesê. Ná 'n beroerte moes sy opgeneem word in Ons Tuiste Ouetehuis, waar sy ses weke versorg was.

Wyle tannie Sêrah is op 19 November vanuit die Hervormde Kerk op Louis Trichardt begrawe. Sy word oorleef deur haar kleinkinders, drie susters en een boetie. Haar man het haar reeds in 2010 ontval.

 

 
 
 

Viewed: 786

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT