ADVERTISEMENT:

 

 
 

Reneé se kleurvolle skepping wat aan haar die eerste plek besorg het. Foto verskaf.

Reneé se kunswerk eersdaags op winkelrakke te siene

Date: 20 March 2020 By: 

‘n Graad 6-leerling van Laerskool Louis Trichardt se kunswerk sal eersdaags nasionaal te siene wees op alle Twinsaver-sneesdoekiebokse.

Reneé van Niekerk het ingeskryf vir Twinsaver se nasionale Design-a-Box kompetisie wat einde Februarie gesluit het. As deel van die kompetisie moes sy ‘n skoon templaat van ‘n Twinsaver-sneesdoekieboks vanaf die Internet aflaai, kleurvol versier en ‘n foto of skandering van haar finale kunswerk terugstuur na Twinsaver.

Reneé het hierdie week gehoor dat sy die kompetisie gewen het. As prys ontvang sy ‘n skootrekenaar ter waarde van R6 000 asook R30 000 vir haar skool. “Dit is ‘n groot prestasie en ons is vreeslik trots op haar. Sy het ook verlede jaar ons jaarblad se voor-en agterblad ontwerp. Sy is baie talentvol en teken graag allerhande goed,” het die skool gesê.

 

 
 
 

Viewed: 445

 

 
 

 
 

More photos... 

Graad 6-leerling Reneé van Niekerk van Laerskool Louis Trichardt is as nasionale wenners van die Twinsaver Design-a-Box kompetisie aangewys.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT