ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die DBV-span wat aan die JanBraai Marathon gaan deelneem. Voor, van links na regs, is Lesley Gaigher, Brian Peli (volgens hulle is al hulle hoop op hom om die span te lei) en Alicia Thomas. Agter is Eljane van Tonder en Grietjie Smith. Foto verskaf.

DBV-lede hardloop vir hulle lewens

Date: 03 October 2019 By: 

Vyf waaghalsige “atlete” van die Louis Trichardt Dierebeskermingsvereniging (DBV) sal eersdaags die jaarlikse JanBraai Marathon in die Breedekloof-wynvallei buite Kaapstad aanpak.

Alicia Thomas, Lesley Gaigher, Brian Peli, Eljane van Tonder en Grietjie Smith van Louis Trichardt het besluit om die wedloop aan te pak en hoop om sommer ook bietjie geld in te samel vir die plaaslike DBV. Daarbenewens gaan hulle dit nogal in styl doen deur spesiale “hondepakke” tydens die marathon te dra. Dié marathon vind vanaf 18 tot 20 Oktober plaas en atlete kan die 42 km afstand, wat strek oor sewe wynplase, oor drie dae draf of stap. Die marathon begin en eindig daagliks by Goudini Spa met die roete deur ongelooflike mooi natuurskoon en fynbostonele wat deelnemers sal neem na wynkelders  en waterpunte waar daar lekker gebraai word en wynparings gedoen sal word.

Dit sal die verste nog wees wat plaaslike vrywilligers sal reis om geld vir die Louis Trichardt DBV in te samel en hulle sal dit doen onder die vaandel Run for Rescue, Run for THEIR lives! Inwoners kan betrokke raak deur die vyf atlete se deelname te borg teen R10 per kilometer wat hulle aflê. Indien hulle nie die marathon voltooi nie, sal die geld teruggegee word aan die borge.

Vir meer inligting oor die wedloop en om betrokke te raak, skakel Lesley by tel. 071 545 5194 of Alicia by tel. 084 900 5332.

 

 
 
 

Viewed: 473

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT