ADVERTISEMENT:

 

 

Search for a story:

 
 

Afgeneem waar hulle Saterdag, 12 Oktober, 77 jaar van gekombineerde kennis en ondervinding gevier het, is, van links na regs, drs. Robyn Heard, Anton Stroebel, Anneke Malan en Casper Venter. Foto verskaf.  

Dokters en personeel vier 77 jaar van kennis

Date: 18 October 2024 By: Andries van Zyl

Altesaam 77 jaar van gekombineerde kennis en ondervinding is verlede Saterdagaand gevier deur die dokters, personeel en vriende van die mediese praktyk Stroebel, Venter en Malan.

Die “oudste” van die dokters is dr. Anton Stroebel, wat vanjaar 30 jaar as deel van die vennootskap vier. Hy het in September 1994 by die praktyk aangesluit. Aanvanklik het die praktyk bekend gestaan as Snyman, Vermaak en Stroebel en baie van die ouer inwoners sal nog vir dr. Leon Snyman, ‘n ginekoloog, en dr. Jan Vermaak onthou. Tans is Snyman ‘n professor in ginekologie aan die Universiteit van Pretoria en het ook ‘n privaatpraktyk. Vermaak bevind hom tans bykans permanent as dokter in Kanada, alhoewel hy tussen Kanada en sy Suid-Afrikaanse huis in Hermanus pendel.

Ná Snyman se vertrek sou die praktyk bekend staan as Vermaak, Stroebel en Venter, met dr. Casper Venter se aansluiting as vennoot. Hy is nou al 26 jaar by die praktyk. Die praktyk sou later weer ‘n naamsverandering ondergaan, met dr. Vermaak se vertrek en dr. Anneke Malan se aansluiting as vennoot. Dit is nou ook al 20 jaar gelede in 2004. Die praktyk se naam sou toe verander na Stroebel, Venter en Malan, soos wat dit nog bekend staan. Baie mense is onder die indruk dat die vennootskap as Prognos bekend staan. Prognos is egter slegs die naam van die gebou wat Stroebel, Venter en Malan by die Prognos Trust huur.

Die “jongeling” onder die klomp dokter is dr. Robyn Heard, wat in Januarie by die praktyk aangesluit het. “Saam het ons Saterdag 77 jaar van ondervinding en kennis gevier. Ons kon ook bietjie ‘down memory lane’ stap en hulde bring aan oud-werknemers soos tannie Elenor Botha wat jarelank by die praktyk verbonde was. So ook suster Adri van Zyl,” het Stroebel gesê.

Die span dokters en personeel het ook teruggedink aan al die babas wat hulle deur die jare gevang het, pasiënte wat hulle behandel het en self die hoeveelheid “inspuitings” wat hulle gegee het. Die laaste paar jaar doen die praktyk egter nie meer bevallings nie. “Dit was ook ‘n geleentheid om vir mekaar dankie te sê vir almal se ondersteuning,” het Stroebel gesê.

 

 
 
 

Viewed: 550

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

ADVERTISEMENT

 
 

Most Read Articles

ADVERTISEMENT:

 
 

Sponsored Content

Alliance Fuel's TV giveaway creates unforgettable moments for lucky customers

After weeks of excitement and anticipation, Alliance Fuel announced the winners of their TV Giveaway competition. “A huge thank you to everyone who participated - you made this giveaway bigger and better than we ever imagined,” said the marketing team.

Recent Headlines

ADVERTISEMENT