ADVERTISEMENT:

 

 
 

Twee bekende gesigte in die Soutpansberg, oom Schalk en tannie Helena Grobbelaar, het die streek op 3 April vaarwel toegeroep en na Mbombela (Nelspruit) verhuis, waar hulle ‘n nuwe hoofstuk in hulle lewens begin.

Oom Schalk en tannie Helena groet die Soutpansberg

Date: 04 April 2024 By: Andries van Zyl

Met ‘n tikkie hartseer neem die Soutpansberg hierdie week afskeid van oom Schalk en tannie Helena Grobbelaar, wat ná 42 jaar Louis Trichardt en sy inwoners vaarwel toeroep. Die egpaar, beide al in hulle 80’s, se trek het op 3 April na Mbombela (Nelspruit) vertrek, waar hulle ‘n nuwe hoofstuk in hulle lewens begin.

“Die kleinkinders is in Nelspruit en Schalk se beeste is ook daar,” het tannie Helena gesê. Oom Schalk het die kern van sy beeskudde Mbombela toe geskuif, nadat hy sy plaas naby Mara verkoop het. Hy en sy seun, Emile, huur saam grond buite Nelspruit waar hulle beeste loop. “Dit is nou so ‘n gesamentlike boerdery,” het tannie Helena gesê.

Oom Schalk en tannie Helena het hulle saam in 1982 op Louis Trichardt kom vestig, maar oom Schalk was geensins ‘n vreemdeling in die Soutpansberg nie. Hy het saam met sy ouers (sy ma en stiefpa) in 1957 op Louis Trichardt aangekom. Sy stiefpa was bekende plaaslike tandarts Emile Grobbelaar (wat hier gepraktiseer het tot en met sy afsterwe in 1980). In 1960 het oom Schalk aan Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer, waarna hy die wye wêreld in is, maar Louis Trichardt was steeds sy huis.

Tannie Helena was vanaf 1983 tot 1997 laboratorium-assistent by Hoërskool Louis Trichardt. Oom Schalk was op sy beurt in die kunsmisbedryf as konsultant - eers by Agriven vir ‘n paar jaar en toe weer terug by sy ou firma, Kynoch Kunsmis. Hier was hy werksaam tot in 2018, toe hy afgetree het, waarna hy vir Yara, ‘n internasionale kunsmismaatskappy, begin werk het. Die egpaar was ook bekend vir hul betrokkenheid by Lutombo Gastehuis in Andersonstraat, waarvan hulle die eienaars was. Oom Schalk was ook ‘n lid van die plaaslike Rotariërs met en tannie Helena wat ook aktief daarby ingeskakel het.

“Baie dankie aan die Soutpansberg en sy mense vir julle gasvryheid, vriendelikheid, ondersteuning en al die mooi dinge. Ons groet julle, en lekker bly!” het oom Schalk gesê. “Ons gaan julle mis,” het tannie Helena bygevoeg.

Oom Schalk en tannie Helena vestig hulle in die Bateleur Estate in Mbombela en het gevra hulle vriende en kennisse moet kom inloer indien hulle ooit in daardie geweste kom.

 

 
 
 

Viewed: 1447

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT