ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt se top 2023-matriekleerder was Mieke Veldman, met sewe onderskeidings. Foto verskaf.

Mieke is Triegies se top matriek van 2023

Date: 25 January 2024 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se ster matriekleerder van 2023 was Mieke Veldman met ‘n indrukwekkende sewe onderskeidings tydens verlede jaar se senior eindeksamen.

Mieke het onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, wiskunde, rekeningkunde, besigheidstudies, rekenaartoepassingstegnologie (RTT) en lewensoriëntering behaal.

Kort op Mieke se hake, met ses onderskeidings, was Enelo Mahundla. Hy het onderskeidings in Engels huistaal, wiskunde, geografie, lewenswetenskap, fisiese wetenskappe en lewensoriëntering gekry.

Drie Triegies het onderskeidelik vyf onderskeidings elk verwerf. Carli von Rauenstein spog met onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, besigheidstudies, RTT en lewensoriëntering, terwyl Anam Yalukar onderskeidings behaal het in Engels huistaal, Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde, rekeningkunde en lewensoriëntering. Ayanda Phulwana het op haar beurt weggestap met onderskeidings in Engels eerste addisionele taak, Tshivenda huistaal, besigheidstudies, ekonomie en lewensoriëntering.

‘n Totaal van ses Triegie-matrieks het elk drie onderskeidings verwerf, naamlik Nicoline Venter (Afrikaans huistaal, toerisme en lewensoriëntering), Saima Patel (wiskunde, rekeningkunde en lewensoriëntering), Dakalo Mashau (Afrikaans eerste addisionele taal, wiskunde en lewenswetenskap), Nsuku Baloyi (besigheidstudies, lewenswetenskap en lewensoriëntering), Razina Patel (wiskunde, rekeningkunde en lewensoriëntering) en Garoline Ramunyis (Tshivenda huistaal, wiskunde en lewensoriëntering).

Hoërskool Louis Trichardt se 137 matrieks wat die eindeksamen afgelê het, het ‘n 92% slaagsyfer gehad. Van dié totaal kwalifiseer 78 leerders (61,9%) vir graad-studies, terwyl 38 (30,15%) toelating vir diploma-studies ontvang en 10 toelating vir ‘n senior sertifikaat.

 

 
 
 

Viewed: 1308

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT