ADVERTISEMENT:

 

 
 

Haarkappers Anita Benadé (links bo), Connie de Sousa (regs bo), Marinda Esterhuyse (links onder), Louise Smit (regs onder) en Sunita Pretorius (middel). Foto's verskaf.

Die hare gaan beslis waai ná grendeltydperk

Date: 18 April 2020 By: Pétria de Vaal

Die Covid-19 grendelperiode het heelparty onverwagte aanpassings teweeggebring. Een daarvan was die onvermoë om by ‘n haarkapper uit te kom. Pétria de Vaal het met ‘n paar van die dorp se haarkappers gesels om te hoor hoe hulle die tydperk hanteer en wat hul raad aan hul klante is.

Louise Smit (Salon Lu-iz)

Louise is van mening dat die ware impak van die “lockdown” op baie se koppe sigbaar gaan wees: grys hare; kinders se hare getransformeer met die kombuisskêr; en haarkleur “gone wrong” (Daardie boksie wat toevallig opgespoor is met die regpak- en skoonmaak-aksies). “Ons gaan ons hande vol hê met regruk, regkleur en regsny. Ons belowe om glad nie kommentaar te lewer nie!” sê sy.

Louise en haar kliënte maak maar die beste van die saak deur hulle sin vir humor te behou. ‘n Kliënt sal byvoorbeeld vra om “eerste op die lys” te wees wanneer die grendeltyd verby is. Louise wonder ook heimlik wie die kompetisie gaan wen: die haarkappers, die drankwinkels of diegene wat sigarette verkoop?

Connie de Sousa (C Jay’s)

For Connie, not being able to help her clients is just sad. When she receives a call, she encourages a client to “just hang in there”. She foresees that when clients start arriving after the lockdown they will probably be busy for seven days a week. She will be taking “before” and “after” photos and will make a fun thing of it. She also sees this as an opportunity to perhaps change a client’s hair colour or style and, most important of all: a renewed mutual appreciation between hairdressers and clients will exist!

Marinda Esterhuyse (Salon Marinda)

Vir Marinda is dit ‘n moeilike tyd, veral nadat sy reeds noodgedwonge vir twee maande gedurende 2019 haar deure moes sluit as gevolg van ‘n heupvervanging. Volgens haar sal haarsalonne weer van vooraf moet begin sodra die grendeltydperk opgehef word. Sy stem saam dat almal maar ‘n bietjie moet uithou tot dan en rig ‘n uitnodiging: “Kom sny hare!”

Anita Benadé en haar dogter Sunita Pretorius (Salon Anita)

Hoewel kliënte hierdie ma en dogter baie mis, kan hulle niks daaraan doen nie. Anita skets ‘n redelike donker, maar realistiese, prentjie. Sy sê dat, hoewel mense beweer dat haarkappers baie besig gaan wees wanneer die grendeltyd opgehef word, dit dalk nie so sal wees nie. Die gebrek aan finansies gaan by baie mense ‘n groot rol speel. Sy het in hierdie tyd agtergekom hoe ver agter Suid-Afrika ten opsigte van rekenaarstelsels in die hare-industrie is. Baie meer aanlyn-dinge word gedoen in lande soos die VSA.  Hulle is dankbaar dat daar nou vir die eerste keer gratis aanlynkursusse beskikbaar is – iets wat voorheen nie die geval was nie. ‘n Kliënt het die opmerking gemaak dat sy nou uiteindelik in ‘n posisie is om haar grys hare te laat uitgroei – iets wat die openbare oog nie voorheen toegelaat het nie!

 

 
 
 

Viewed: 1408

 

 
 

Pétria de Vaal

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT